Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Le Roux: ‘Besluitneming was swak’

Die Bokke het Saterdag strategies nie goed genoeg aangepas by die nat toestande in Brisbane nie, sê Hennie le Roux, ’n voormalige Springbok-losskakel en -binnesenter.

“Dit was nie die toestande waarvoor ons sou vra nie, maar die span het nie daarby aangepas nie.

Hennie le Roux

“Die beplanning en strategie was nie goed genoeg nie,” sê Le Roux.

“Ek kan ook nie verstaan nie hoe ons in die eerste helfte 18 punte kon aanteken, maar in die tweede helfte niks.

“Daar was net geen momentum nie en daar is soveel hanteerfoute begaan. Soveel hanteerfoute breek ’n span se bestendigheid.

“Dit was ’n taai en moeilike wedstryd en die Bokke het net nooit werklik aan die gang gekom nie.”

Hy sê die Bokke se spel het hom baie frustreer.

“As ek nou eerlik moet wees, was dit een groot frustrasie om na dié toets te kyk.

“Daar was ’n magdom foute aan albei kante en die toets was beslis geen skouspel nie,” sê Le Roux.

Sommige van die besluite wat die spelers en die afrigtingspan geneem het, slaan dié voormalige Wêreldbeker-wenner ook dronk.

“Miskien kan dit toegeskryf word aan ’n gebrek aan ervaring, maar een of twee van die besluite wat op kritieke tye geneem is, was power – veral as jy die toestande in ag neem.

“Ons skrums het byvoorbeeld stewig gestaan en om vir Beast op daardie tydstip op te stuur, was nie die regte besluit nie.

“Ek neem aan dit was ’n strategiese verandering, maar ek dink dit was ’n fout,” sê Le Roux.

Mtawarira het die loskopstut Steven Kitshoff ná 57 minute se spel vervang.

“Ek weet die toestande was moeilik, maar ek kan eenvoudig nie van die besluite wat geneem is, verstaan nie,” sê Le Roux.

Meer oor:  Steven Kitshoff  |  Rugby  |  Bokke  |  Springbokke  |  Wallabies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.