Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Ek’s ’n Leeu in murg en been, sê Jannie Doep

’n Leeu in hart en siel en 100% toegewyd tot dié span.

So beskryf die oud-Bokstut Jannie du Plessis sy gevoelens jeens die Johannesburgse Superrugby-span, waarvoor hy sedert die begin van die seisoen uitdraf.

Jannie du Plessis wil graag moue oprol en weer begin speel. Foto: Gallo Images

“Ja, dit is teleurstellend dat ons nog nie die resultate gelewer het wat ons wou nie. Almal wil mos wen en dit gebeur nie met ons nie, maar daar heers ’n wonderlike kultuur by die Leeus. Almal is leergierig en leer ook vinnig uit die foute wat begaan word.

“Wat skort, is dinge wat maklik reggemaak kan word. Al wat nou sleg is, is dat ons nie op die oefen- en speelveld kan werk om daardie foute reg te stel nie.

“Dit sal vir almal, nie net ons by die Leeus nie, maar die hele land, veel beter wees as ons eers sekerheid het oor waar ons staan en wanneer ons weer in aksie gaan wees.

“Die onsekerheid is glad nie lekker nie. Ons wil klarigheid hê oor waar ons staan, maar dit is nou nie moontlik nie,” het Du Plessis Maandag gesê.

Hy speel vanjaar die eerste keer in vyf jaar weer Superrugby sedert hy vir die Haaie gespeel het.

Die tempo van Superrugby is steeds baie vinnig en elke wedstryd bly ’n groot uitdaging. Daar bestaan mos nie iets soos ’n maklike wedstryd in dié reeks nie.

Het Superrugby baie verander?

“Ek sal nie so sê nie. Vir my is dit nog maar baie dieselfde. Daar is wel baie meer nuwe gesigte in die verskillende spanne as toe ek laas gespeel het.

“Die tempo van Superrugby is steeds baie vinnig en elke wedstryd bly ’n groot uitdaging. Daar bestaan mos nie iets soos ’n maklike wedstryd in dié reeks nie. Dit was ook weer ’n vreemde ervaring om op ’n toer van vier weke te wees. Daar in Europa ervaar jy dit nie,” sê hy.

Du Plessis het in twee van die Leeus se ses wedstryde glad nie die groep gehaal nie en was ’n plaasvervanger in enkele ander.

Frustreer dit hom?

“Ek voel geen speler, ongeag wie hy is, het die reg om te glo hy verdien meer speelkans as iemand anders nie. Ons het ’n groep met ’n aantal vaskoppe en die rotasie-stelsel word goed gebruik.

“Daar is dus nie frustrasie daaroor nie, want ek glo almal word regverdig behandel,” sê hy.

“Al wat my teleurstel, is dat ons nie so baie wen soos ons wil nie. Tog het ons almal nog hoë verwagtinge en ons glo in die taai tye sal ons sterker raak en daardeur kom,” sê hy.

Wat die skuif van sy eertydse afrigter, Jake White (by die Haaie en Montpellier), na die Blou Bulle betref, sê Du Plessis hy beskou hom as die beste beplanner in rugby.

“Jake is ’n uitstekende afrigter en ek is seker hy kan ’n groot verskil by die Bulle maak. Sy rekord spreek vanself en dit was beslis geen gelukskoot dat die Springbokke die Wêreldbeker in 2007 met hom as afrigter gewen het nie. “Hy gaan beslis waarde toevoeg tot die Bulle, want daar is niemand anders wat so fyn soos hy beplan nie,” sê Du Plessis.

Meer oor:  Leeus  |  Jannie Du Plessis  |  Superrugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.