Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Elrigh Louw leef sy droom by Loftus

Om op 21 in ’n Bul-trui in ’n Curriebeker-halfeindstryd te speel is iets waarvan die meeste jong rugbyspelers in die land net kan droom.

Des te meer as jy ’n paar maande gelede nog gewonder het hoe jy aan die einde van die maand jou rekeninge gaan betaal.

Elrigh Louw, wat in die lostrio van die Bulle gewys het hy is ’n grote in wording nadat hy verlede jaar by die sukkelende Kings weg is, het verstaanbaar groot waardering vir Saterdag se halfeindstryd teen die Leeus op Loftus Versfeld.

Dit sal interessant wees om te sien of hy bo Springbokke soos Arno Botha en Nizaam Carr in die beginspan gekies gaan word.

Om ’n Bul-trui oor die kop te trek, is genoeg motivering op sy eie.

“Ek was die laaste ruk ongelukkig met ’n paar beserings en skete, maar die lyf voel nou goed en ek sien geweldig baie uit na Saterdag. Die gees in die span kan nie beter wees nie. Almal speel vir mekaar en jy wil nie die ou langs jou in die steek laat nie,” sê hy.

Die belowende Elrigh Louw is hierdie seisoen een van die groot vondse in Bul-kontrei. Foto: Gallo Images

“Om ’n Bul-trui oor die kop te trek, is genoeg motivering op sy eie. Dit is nie vir my nodig om te verduidelik hoe baie dit vir my beteken nie.”

Daar word baie gemaak van die vroeë afskop (14:00) tussen die Gautengse spanne.

Louw sê dit is hoegenaamd nie ’n kwessie by Loftus nie.

“Daar is baie faktore wat ’n rol speel, maar die hitte bevoordeel niemand nie. Almal speel op die dieselfde veld in dieselfde hitte.”

Jake White, Bul-breier, het groot name soos André Venter en Pieter-Steph du Toit genoem toe hy vroeër oor Louw se deugde gepols is. Hy word ook as ’n toekomstige Danie Rossouw bestempel danksy sy veelsydigheid. Hy kan slot, flank en agtsteman speel.

Louw sê hy streef daarna om vorentoe in sy loopbaan ’n mengsel van Richie McCaw, Schalk Burger en sy kaptein, Duane Vermeulen, te word.

“Ek sal graag die hele pakket wil wees: om goed op die grond en ’n sterk verdediger en baldraer te wees.”

Oor die ontmoeting met die Leeus sê Louw hulle “sal moet opdaag en kalm bly”.

“Jy moet die oorhand kan kry en veral vinnige besit kan kry. Die Leeus hou ’n groot gevaar in hul agttal in en ons staal ons vir ’n baie fisieke aanslag.”

Meer oor:  Bulle  |  Curriebeker-Halfeindstryd  |  Curriebeker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.