Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Rynhardt Elstadt is op Franse wenslys

Die Stormers en Westelike Provinsie kan een van hul voorste losvoorspelers kwyt wees nadat dit aan die lig gekom het dat Rynhardt Elstadt glo deur die Franse klubreus Toulon die hof gemaak word.

Elstadt (27) herstel tans van ’n ribbesering en het nog nie vanjaar vir die Streeptruie in die Curriebekerreeks uitgedraf nie.

Sy Superrugby-seisoen by die Stormers het ook nie glad verloop nie, met talle beserings wat hom gehinder het.

Die Montagu-boorling, wat die skaal op 114 kg trek en 1,94 m lank is, is glo hoog op Toulon se inkopielys. Dié klub beskou hom as ’n opvolger vir die oud-Springbok Juan Smith.

Smith was vir vier jaar ’n staatmaker van die Franse klub. Hy was op die punt om uit te tree toe Jake White, afrigter van Toyota Verblitz in Japan, hom na die Ooste gelok het.

Die Westelike Provinsie het by monde van ’n woordvoerder bevestig

Elstadt se kontak verstryk aan die einde van die Curriebekerreeks. ’n Aankondiging oor watter spelers in die WP aanbly, word eers dan verwag.

Nóg ’n Franse klubspan, Toulouse, het verlede seisoen na die dienste van Elstadt gevry, maar dié skuif het deur die mat geval.

Die vuurvreter-losvoorspeler, wat bekend is om sy kort lont op die veld, het toe aan Rapport gesê hy wil nog een goeie seisoen vir die Stormers speel voordat hy daaraan dink om oorsee te gaan.

Met die WP tans in ’n geldelike penarie sal dit sin maak vir Elstadt om sy loopbaan elders voort te sit. Die Kapenaars beskik ook oor ’n rits jongelinge.

Meer oor:  Rynhardt Elstadt
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.