Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Elstadt nie verpletter ná WB-weglating

Rynhardt Elstadt het geweet dit kom en het teen Maandag lankal die nuus verwerk dat hy nie die Springbokke se finale groep van 31 vir die Wêreldbeker-toernooi sou haal nie.

“Daar kan net 31 gaan. Ek sou gegaan het as Siya (Kolisi) nie fiks was nie. Ek het van die begin af geweet dit gaan daarvan afhang,” het Elstadt ná die bekendmaking van die groep aan Netwerk24 gesê.

Rynhardt Elstadt stook die Springbokke se vuur in hul toets teen Argentinië in Pretoria vroeër vandeesmaand. Foto: Gallo Images

Rassie Erasmus, die Bok-afrigter, het verlede week sy groep tot 32 spelers verminder, wat druk bespiegeling in die media ontketen het oor wie die ongelukkige ‘Speler nr. 32’ sou wees wanneer die groep tot 31 gesny word.

Elstadt (29) het vanjaar die Bok-groep gehaal nadat hy vir Toulouse in die Franse Top14-liga uitgeblink het. Hy het in Suid-Afrika se toetse teen onderskeidelik Australië in Johannesburg en Argentinië in Pretoria gespeel.

“Dit was ’n ongelooflike ervaring. Ek voel redelik opgewek,” sê dié bielie-losvoorspeler.

Kolisi het vanjaar tydens die Stormers se Superrugby-veldtog ’n kniebesering opgedoen, wat twyfel laat ontstaan het of hy betyds vir die WB-toernooi sou herstel. Hy het egter vroeër vandeesmaand sy terugkeer in die kleure van die Westelike Provinsie in ’n Curriebeker-wedstryd teen die Pumas gemaak.

Kolisi is toe in die Bok-span gekies vir die toets teen Argentinië in Pretoria op 17 Augustus. Schalk Brits was in daardie toets die kaptein terwyl Kolisi nog sy voete gevind het, maar Kolisi sal nou weer die leisels neem in Japan.

Elders het die Bok-afrigter, Rassie Erasmus, ook baie goeie losvoorspelers tot sy beskikking. Dit sluit in beproefde Bokke van wêreldgehalte in Duane Vermeulen (agtsteman), Pieter-Steph du Toit (steelkantflank) en Francois Louw (agtsteman/oopkantflank). Kwagga Smith, ’n redelik onervare toetsspeler wat as ’n agtsteman sowel as ’n oopkantflank ingespan kan word, is die ander losvoorspeler.

Elstadt is wel op “bystand” indien een van die losvoorspelers in Japan ’n besering sou opdoen. Tot voor dan keer hy terug na Frankryk om vir Toulouse te speel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.