Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Emosionele ‘tuiskoms’ vir Ruan in Belfast

Dit gaan vreemd voel om by die besoekende span se kleedkamer in te gaan en dan ook teen sy ou span te speel.

So sê Ruan Pienaar oor sy emosiebelaaide terugkeer na die Kingspan-stadion, waar hy die Cheetahs Saterdag teen sy voormalige spanmaats van Ulster aanvoer.

Ruan Pienaar en Ulster se skrumskakel, David Shanahan, omhels mekaar ná die spanne se vorige kragmeting in Bloemfontein. Foto: Gallo Images

“Dis lekker om terug hier te wees, dis lekker om ou vriende en ou gesigte weer te sien en ek sien uit daarna om weer op die veld te speel.

“Dit het baie herinneringe en lekker gevoelens teruggebring toe ek in Belfast aangekom het en my vrou is jaloers omdat ek hier is,” sê Pienaar.

“Dis byna drie jaar sedert ek laas in die Kingspan-stadion gespeel het en hopelik kan ons goed vaar. Ek het nooit gedink ek sou weer die geleentheid kry om hier te speel nie, so dit gaan baie lekker wees.”

Ek speel nou vir die span wat ek ondersteun het toe ek grootgeword het.
Ruan Pienaar

Hy was vir sewe jaar ’n getroue dienskneg van Ulster en baie geliefd onder die plaaslike ondersteuners.

“Ek speel nou vir die span wat ek ondersteun het toe ek grootgeword het. Ek het die laaste paar maande ook goeie tye met hulle gehad.

“Ek was bevoorreg om deel van die seëvierende Curriebekerspan te wees. Dit was spesiaal om terug huis toe te gaan en die trofee met soveel tradisie te wen. Dis ook lekker om meer tyd met familie deur te bring,” het Pienaar vandeesweek gesê.

“My gesin mis Belfast, maar hulle het goed aangepas in Suid-Afrika en die kinders is gelukkig by die skool. Dis al wat jy regtig wil hê, dat jou kinders gelukkig is. Dit maak my werk makliker,” sê Pienaar.

Hy sê hulle wil sake Saterdag regstel nadat hulle verlede week in hul eerste toerwedstryd teen Leinster gegly het.

Die Cheetah-beginspan toon sewe veranderinge van die een wat verlede week teen Leinster op die veld gedraf het.

Boan Venter, Wilmar Arnoldi en Luan de Bruin wat Leinster verlede week in die tweede helfte voos geskrum het, is Saterdag in die opdrafspan.

Sintu Manjezi se terugkeer op slot, nadat hy van ’n skouerbesering herstel het, is die enigste ander verandering in die agttal.

Die agterlyn speel met ’n nuwe agterste driehoek. Clayton Blommetjies skuif na heelagter en Rhyno Smith en Craig Barry is nie nuwe vleuels.

Ulster se beginspan toon vyf veranderinge van die een wat verlede naweek teen die Ospreys vasgeval het. Vier spelers wat verlede week gespeel het, is terug na Ierland se Sesnasies-groep.

Spanne

Ulster: Michael Lowry, Robert Baloucoune, Luke Marshall, James Hume, Louis Ludik, Bill Johnson, David Shanahan, Marcell Coetzee, Jordi Murphy, Nick Timoney, Kieran Treadwell, Alan O’Connor (k), Marty Moore, Adam McBurney, Eric O’Sulllivan. PLAASVERVANGERS: John Andrew, Andrew Warwick, Tom O’Toole, David O’Connor, Sean Reidy, Johnny Stewart, Stewart Moore, Craig Gilroy.

Cheetahs: Clayton Blommetjies, Rhyno Smith, William Small-Smith, Benhard Janse van Rensburg, Craig Barry, Tiaan Schoeman, Ruan Pienaar (k), Jasper Wiese, Junior Pokomela, Chris Massyn, Walt Steenkamp, Sintu Manjezi, Luan de Bruin, Wilmar Arnoldi, Boan Venter. PLAASVERVANGERS: Joseph Dweba, Charles Marais, Aranos Coetzee, JP du Preez, Aidon Davis, Tian Meyer, Louis Fouché, Chris Smit.

  • Skeidsregter: Mike Adamson (Skotland).
  • Assistent-skeidsregters: George Clancy (Ierland), Sam Grove-White (Skotland).
  • TV-skeidsregter: Andre McMenemy (Skotland).
  • Afskop: 21:30 (SS 1).


MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.