SPESIALE VAKANSIE-AANBOD: Teken in teen net R49 vir jou eerste maand! Word 'n intekenaar
Rugby
Engeland bederf Wallis se partytjie
Die Engelse agtsteman Billy Vunipola (voor) op pad om sy drie te druk in Sondag se WB-opwaremwedstryd teen Wallis op Twickenham, Londen.,Foto: Reuters

Die Walliese rugbyspan se vreugdevure om as die beste span op Wêreldrugby se ranglys bo die All Blacks in te skuif, is ná net 24 uur geblus.

Nadat die All Blacks Saterdag deur die Wallabies geklop is, was hulle hul voorste ranglysposisie kwyt, maar Wallis kon nie daarop voortbou nie en moes dit weer aan die Nieu-Seelanders afstaan, nog voordat die lys amptelik aangepas kon word.

Boonop is die Walliesers ook hul onoorwonne vertoningslys van 14 opeenvolgende oorwinnings kwyt nadat hulle Sondag op Twickenham in Londen met 33-19 deur Engeland in ’n Wêreldbeker-opwarmwedstryd geklop is.

’n Eksperimentele Engelse span, wat vier nuwelinge ingesluit het, was rustyd reeds met 21-7 voor en kan ingenome met sy opmars na WB-glorie voel, terwyl daar harde werk wag op die Walliesers.

Boonop het die Rooi Drake se losskakel, Gareth Anscombe, ’n kniebesering opgedoen en het hy Twickenham op krukke verlaat.

Albei spanne het drie drieë gedruk, maar die Engelse losskakel, George Ford, het Wallis se gebrek aan dissipline uitgebuit toe hy met drie strafdoele geslaag het.

Ford het ook drie doelskoppe oorgeklits, terwyl die heelagter, Elliot Daly, moet ’n woer-woer skepdoel geslaag het.

Wallis het in die tweede helfte tam voorgekom en het veral in die skrums gesukkel, wat daarop dui dat hulle die afgelope ruk dalk te hard gedryf is tydens oefenkampe in Cardiff en Switserland.

Daarenteen het ’n hele paar Engelse spelers regmerkies gekry voordat die afrigter, Eddie Jones, Maandag sy WB-groep aanwys. - Sportredaksie



    Meer oor:  Wallis  |  Wêreldbeker  |  Twickenham  |  Eddie Jones  |  Engeland  |  Rugby
    MyStem: Het jy meer op die hart?

    Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

    Ons kommentaarbeleid

    Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

    Stemme

    Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.