Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Engeland keer in 2020 terug na Japan
Engeland en Japan was verlede jaar op Twickenham slaags. Foto: Getty Images

Die kans is goed dat Engeland in Junie 2020 sal terugkeer na Japan vir ’n reeks van twee toetse teen die Wêreldbeker-gasheer – die eerste keer dat die Rose die Brave Blossoms op tuisbodem sal pak.

Die Engelse Rugbyunie (RFU) moet nog sy planne bevestig, maar die beheerliggaam se reisagentskap het reeds pakkette begin adverteer.

“Eddie Jones se span verskyn in ’n geskiedkundige reeks van twee toetse teen die Brave Blossoms in die Land van die Opkomende Son,” sê englandtravel.com op sy webblad.

“Dit is ’n wonderlike geleentheid om Engeland in aksie te sien, veral as aanhangers nie die Wêreldbeker (WB)-toernooi kon meemaak nie.”

Engeland het nog net twee keer teen Japan gespeel en was met 60-7 baas by die WB-toernooi in Sydney in 1987 en 35-15 op Twickenham verlede jaar.

Die RFU het verlede week gesê Engeland pak Nieu-Seeland, Australië, Argentinië en ’n kleiner rugbyland wat nog bevestig moet word, in volgende jaar se November-toetsreeks.

* ‘n Engelse Vyftiental, onder leiding van Bill Beaumont, het wel in 1979 twee keer teen Japan op tuisbodem gespeel, maar dié kragmetings is nie amptelik as toetse erken nie.

– Reuters

Meer oor:  Rose  |  Toetsrugby  |  Brave Blossoms  |  Wêreldbekerrugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.