Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Engeland slaan vure dood oor Marius

Engeland het enige belangebotsing ontken nadat een van die beamptes vir Saterdag se Sesnasies-toets teen Ierland vandeesweek die skeidsregter by een van Engeland se spanoefeninge was.

Marius van der Westhuizen / Foto: Getty Images

Die Suid-Afrikaanse blaser Marius van der Westhuizen is Saterdag een van Angus Gardner se assistent-skeidsregters (saam met sy landgenoot Jaco Peyper) wanneer Ierland op St. Patrick-dag sal probeer om slegs sy derde Grand Slam-titel op Twickenham te verower.

Wêreldrugby laat skeidsregters toe om die reëls van die spel en die vertolking daarvan aan spelers en afrigters te verduidelik, maar ’n skeidsregter mag dit nie doen as hy in ’n enige toernooi wedstryde van dieselfde span hanteer nie.

Daar is egter nie reëls ten opsigte van assistent-skeidsregters in dié verband nie.

Engeland het dus geen reël oortree deur Van der Westhuizen na sy oefening te nooi nie.

Engeland se verdedigingsafrigter, Paul Gustard, sê dit is nie onvanpas dat die Suid-Afrikaner die span se oefening bygewoon het nie, en dat Ierland geen probleem daarmee sou hê nie

“Hoekom sal dit wees? Sal hulle (die Iere) sy integriteit bevraagteken?

“Hy is ’n internasionale skeidsregter. Hy is een van die beste skeidsregters. Jy vra iemand om hierheen te kom en hand by te sit met die oefening en om sy siening te deel.”

Van der Westhuizen was ook verlede naweek die assistent-skeidsregter in Engeland se nederlaag van 16-22 teen Frankryk in Parys, terwyl Peyper die skeidsregter was.

“Dit is geensins anders as Ierland ’n topskeidsregter vra om hom by ’n oefening by te staan nie. Almal het dieselfde toegang (tot skeidsregters). Ek sien geen probleem daarmee nie.

“Dit is al lankal deel van ons beplanning. Dit is alles deel daarvan om te begryp hoe die verskillende skeidsregters sekere aspekte van die reëls hanteer. Ons het ’n verhouding met die Engelse skeidsregters wat ons bystaan.

“Die geleentheid om buitelandse skeidsregters te kry om hul siening met ons te deel is belangrik vir die vooruitgang van ons groep.”

Engeland se nederlaag in Parys, wat beteken het dat Ierland reeds die Sesnasies-titel verower het, volg op sy nederlaag van 13-25 teen Skotland.

Dis die eerste keer sedert 2015 se Wêreldbekertoernooi dat Engeland agtereenvolgende wedstryde verloor het.

– stuff.co.nz

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.