
Georgië se Beka Gorgadze (in wit) dryf in teen Engeland se Jack Willis tydens Saterdag se Nasiesbeker-toets op Twickenham in Londen. Foto: Reuters
Die haker Jamie George het ’n driekuns van identiese drieë ná rolmaalbewegings gedruk in Engeland se maklike oorwinning oor Georgië in die Nasiesbeker-reeks op Twickenham in Londen.
Engeland het die toets met 40-0 gewen.
In ’n wedstryd wat hulle altyd gemaklik sou wen, het Engeland effens meganies in die eerste helfte voorgekom. Hulle was egter altyd in beheer van sake.
Die flank Jack Willis het sy buiging gevier met die eerste drie van die wedstryd. George het ook twee drieë in die eerste helfte gedruk en Elliot Daly het die drieë voor die pouse afgehandel om Engeland ’n voorsprong van 26-0 met rustyd te gee.
Engeland het gesukkel om aan die gang te kom in die tweede helfte met Georgië wat goeie balbesit benut het. Die besoekers was oorgehaal, maar het nie die vaardighede gehad om die Engelse doellyn oor te steek nie. – Reuters