Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Engelse breek Blitsbokke se harte

Die Blitsbokke se kans om die uitspeelronde van die Hamilton-sewestoernooi in Nieu-Seeland te haal, is Saterdag aan flarde gelaat toe Engeland hulle in ’n groepwedstryd geklop het.

Die Blitsbok Selvyn Davids. Foto: Getty Images

Engeland het teen die verwagting in met 21-19 gewen.

Suid-Afrika was eerste op die telbord toe Cecil Afrika eers die Engelse met ’n fopaangee aan die slaap gevang het, en daarna Stedman Gans weggestuur het om te gaan druk.

Dan Norton het die Engelse se eerste drie gaan druk, toe hy kort voor rustyd onder die Blitsbokke uitgeseil het. Tog was Suid-Afrika teen rustyd met 14-7 voor.

Engeland het ná die waterbreuk sake gelykop gemaak toe Tom Bowen die Blitsbokke se verdedigers uitoorlê het, waarna die Engelse kort daarna weer gaan druk het.

Met slegs sekondes oor het Justin Geduld oorgeduik om die Blitsbokke se agterstand na twee punte te laat krimp. Hy het egter met die doelskop misluk.

Die Blitsbokke het straks verloor omdat hulle duikslae gemis en besit by die afbreekpunte afgestaan het.* Die Blitsbokke se laaste groepwedstryd is Sondag om 01:13 (SA tyd) teen Kenia.

* Puntemakers:

Engeland 21 (7): Drieë: Dan Norton, Phil Burgess, Tom Bowen. Doelskoppe: Daniel Bibby, Tom Mitchell, Will Edwards.

Suid-Afrika 19 (14): Drieë: Stedman Gans, JC Pretorius, Justin Geduld. Doelskoppe: Branco du Preez (2).

Meer oor:  Sewesreeks  |  Hamilton-Sewestoernooi  |  Blitsbokke  |  Engeland
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.