Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Engelsman geskors oor verbode middel

Kurt Brown, ’n rugbyspeler van Lydney RFC in die Engelse streekliga, is vir vier jaar geskors nadat hy positief getoets is vir die gebruik van ’n verbode middel.

Luidens ’n nuusverklaring deur die Engelse Rugbyunie (RFU) is Brown skuldig bevind daaraan dat hy die anaboliese steroïed nandroloon gebruik het.

Sy skorsing strek van 13 Maart 2020 tot 12 Maart 2024.

Die RFU het by monde van Stephen Watkins, wat die veldtog teen die gebruik van verbode middels bestuur, gesê “ongeag die vlak waarop hulle speel” is spelers onderhewig aan reëls oor verbode middels.

“Dié geval wys hoe belangrik dit is dat spelers slegs by gekwalifiseerde mediese personeel aanklop om raad oor die behandeling van beserings,” sê Watkins. – Stephen Nell

Meer oor:  Engelse Rugbyunie  |  Opkikkers  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.