Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Engelse kwalifiseer vir Spele
Dan Norton was een van Engeland se uitblinkers die afgelope naweek in Frankryk. Foto: Getty Images

Dit is nie net die Engelse krieketspan en die Formule Een-renjaer Lewis Hamilton wat die Britte se naam die afgelope naweek op die sportveld hoog gehou het nie.

Ook Engeland se sewesrugbyspan het stilletjies verseker dat Brittanje ’n verteenwoordiger op die Olimpiese Spele in 2020 in Tokio sal hê.

Die Engelse het Frankryk met 31-7 in die eindstryd in Colomiers, Frankryk geklop.

Die Engelse moes aan die Europese kwalifiserende toernooi deelneem, nadat hy Wêreldrugby se sewesreeks die afgelope seisoen in die vyfde plek afgesluit het.

Slegs die voorste vier spanne, Fidji, Amerika, Nieu-Seeland en Suid-Afrika, het outomaties gekwalifiseer.

Engeland was met 2016 se Olimpiese Spele in Rio de Janeiro, Brasilië die naaswenner. – Sportredaksie

Meer oor:  Olimpiese Spele  |  Sewes
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.