Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Engelse sonder Vunipola teen Iere

Die Engelse rugbyspan is deur ’n terugslag getref voor sy belangrike Sesnasies-kragmeting met Ierland Sondag met die nuus dat Mako Vunipola weens familie-redes nie beskikbaar is nie.

Die 29-jarige loskopstut het reeds na Tonga gereis om sy familie by te staan.

Mako Vunipola sal nie Sondag in aksie wees vir Engeland teen Ierland nie. Foto: Getty Images

Beno Obano is tot die groep van 33 spelers gevoeg om Vunipola te vervang, maar die Wêreldbekerstut se afwesigheid gaan ’n groot leemte laat.

Hy het in die spanne se wedstryd verlede jaar 27 duikslae uitgevoer, die bal 11 keer gedra en is deur Eddie Jones as “eerste in sy klas” beskryf.

Vunipola is ’n blaaskans gegun toe Engeland se Sesnasies-veldtog afgeskop het met ’n teleurstellende nederlaag teen Frankryk, terwyl sy terugkeer met ’n oorwinning oor Skotland gepaard gegaan het.

Jones het minstens opsies op loskop met Ellis Genge wat goed vertoon het vanaf die plaasvervangersbank in albei Sesnasies-wedstryde tot dusver. Joe Marler is ook tot sy beskikking.

Goeie nuus vir Engeland is darem dat die senter Manu Tuilagi en die veelsydige agterspeler Henry Slade in die groep ingesluit is nadat hulle verlede week rehabilitasie vir onderskeidelik ’n lies- en enkelbesering ondergaan het.

Tuilagi is verkiesbaar, maar moet eers Vrydag ’n fiksheidstoets slaag. Sy terugkeer sal ’n welkome een vir die Rose wees.

Slade se insluiting in die groep kom nadat hy verlede Donderdag ongedeerd deur ’n oefensessie gekom het. Daar was aanvanklik vrees dat hy verder agter Tuilagi is in terme van fiksheid, maar Jones het verlede week gesê daar is ’n kans dat hy verkiesbaar kan wees.

* Nuus uit die Ierland-kamp is dat die Ulster-heelagter Will Addison hom vandeesweek by die groep van 36 spelers aangesluit het. Daar was kommer oor sy fiksheid vir dié wedstryd.

Die 27-jarige Addison was in ’n wedloop om betyds fiks te wees vir die toets op Twickenham nadat hy las van ’n kuitspier gehad het.

Soos verwag, is die losvoorspeler Caelan Doris ook weer beskikbaar nadat hy die wedstryd teen Wallis misgeloop het weens harsingskudding wat hy in die Iere se eerste wedstryd teen Skotland opgedoen het.

Addison is verlede week in Ierland se groep ingesluit vir ’n oefenkamp in Cork, maar kon weens die besering nie die kamp bywoon nie.

Ierland beklee tans die tweede plek agter die voorloper, Frankryk. – Sportredaksie, rugby365.com, irishtimes.com

Meer oor:  Mako Vunipola  |  Ierland  |  Engeland
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.