Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Engelse spelers gouer aan Leeus vrygestel
Warren Gatland, die Leeuse se befaamde afrigter. Foto: Getty Images

Premiership Rugby en die Britse en Ierse Leeus se rugbybase het Dinsdag ’n ooreenkoms gesluit vir spelers om aan die einde van hul verpligtinge in Engeland vrygestel te word sodat hulle vir die Leeus se toets teen Japan oorweeg kan word.

Die wedstryd teen Japan is geskeduleer vir 26 Junie, wat buite Wêreldrugby se Regulasie 9 val vir die vrystelling van spelers vir toetsrugby. Boonop word daardie toets op dieselfde dag as die Premierliga-eindstryd gespeel.

Dit het konflik tussen rugbybase geskep en die potensiaal gehad om die Leeus se gereedheid vir hul toer van Suid-Afrika – van 3 Julie tot 7 Augustus – negatief te raak. Die spelers sal egter nou beskikbaar wees vir die oefenkamp voor die opwarmwedstryd teen Japan in Edinburg.

“Die gesprek het nooit oor geld gegaan nie,” sê Premiership Rugby, die beheerliggaam van die Engelse liga, in ’n verklaring.

Dit is belangrik dat ons geraadpleeg word en daar respek vir ons posisie is oor wanneer wedstryde geskeduleer word wat ’n impak op die plaaslike seisoen kan hê.

“Dit is belangrik dat ons geraadpleeg word en daar respek vir ons posisie is oor wanneer wedstryde geskeduleer word wat ’n impak op die plaaslike seisoen kan hê.”

Premiership Rugby sê hy sal nie vir toekomstige Leeus-toere enige spelers vrystel voor die einde van die Premierliga-eindstryd nie.

Die Leeus gaan agt wedstryde, insluitend drie toetse, in Suid-Afrika speel.

• Intussen was daar Dinsdag vir Warren Gatland, die Leeus se afrigter, slegte nuus nadat die Engelse slot Joe Launchbury knieligamente beseer het. Sy klub, Wasps, sê in ’n verklaring dat hy ’n operasie sal ondergaan en die reeks teen die Bokke sal misloop indien Gatland beplan het om hom te kies.

Launchbury (30) kan tot nege maande buite aksie wees. – Reuters

Meer oor:  Warren Gatland  |  Ierland  |  Brittanje  |  Engeland  |  Afrigter  |  Rugby  |  Premierliga  |  Leeus  |  Spelers  |  Toer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.