Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Engelse spelers loop mank onder Eddie

Eddie Jones se oefenmetodes is opnuut in die soeklig met ’n verslag van die Engelse Rugbyunie (RFU) wat daarop dui dat spelers onder sy afrigting verlede seisoen twee keer so vatbaar vir beserings was as die gemiddeld sedert 2002.

Engeland se klubs dink nie Eddie Jones se oefenmetodes is iets om oor te lag nie. Foto: Getty Images

Boonop het daardie beserings hulle vyf keer so lank as die gemiddeld buite aksie gehou.

Dié statistieke volg op ’n jaar waarin etlike spelers na hul klubs terug gestuur is nadat hulle beserings by die Engelse span opgedoen het. Dit het kritiek oor Jones se metodes ontketen.

Besonderhede van al die beserings wat Engeland se beroepspelers in klub- en internasionale wedstryde, asook oefensessies, opgedoen het, is in die verslag vervat.

Terwyl die steekproef vir die 2017-’18 seisoen onder Jones betreklik klein is, wys dit tog dat daar op die oefenveld meer as twee keer soveel beserings as die gemiddeld opgedoen is.

Bath se eienaar, Bruce Craig, het in Mei verlede jaar gesê die vele beserings by Engelse kampe is “totaal onaanvaarbaar”.

Jones het teruggekap deur te sê Craig het “geen reg” om vir hom te sê hoe om die span voor te berei nie.

Klub-eienaars was ontstoke oor Jones se uitlatings.

Die RFU se tussentydse uitvoerende hoof, Nigel Melville, het vir Jones in die bresse getree.

“Internasionale rugby word teen ’n hoër intensiteit as ooit vantevore gespeel, wat beteken dat daar harder geoefen word,” sê hy.

Melville meen voorseisoense oefening moet ook in berekening gebring word.

“Ons werk saam met die klubs se afrigters en kondisioneringsafrigters,” sê hy. 

– Reuters

Meer oor:  Rose  |  Toetsrugby  |  Eddie Jones  |  Sesnasies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.