Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Engelse top-klub trek swaar weens Covid-19
Tony Rowe, voorsitter van die Exeter Chiefs. Foto: Getty Images

Die Exeter Chiefs, die voorste span in die Engelse Premierliga voordat die Covid-19-pandemie toegeslaan het, kan hom in ’n ernstige finansiële verknorsing bevind as ondersteuners nie voor die einde van die jaar wedstryde mag bywoon nie.

Dit is die waarskuwing van Tony Rowe, dié rugbyklub se voorsitter.

Die Chiefs was die enigste topvlakspan in Engeland wat verlede seisoen ’n wins kon maak, danksy die konferensiegeriewe by Sandy Park, dié span se tuisveld.

Exeter ly egter ’n verlies van £1 miljoen (sowat R23 miljoen) ’n maand sedert Sandy Park se deure in Maart weens die virus gesluit is.

“As ons nie ’n inkomste kry voor die einde van die jaar nie, het ons ernstige probleme,” benadruk Rowe.

Die Engelse klubs het vroeër gestem vir salarisbesnoeiings, wat meegebring het dat verskeie sleutelspelers in die nadraai elders kontrakte met ander spanne gesluit het.

Die Premierliga hervat die komende naweek en die Chiefs kom op Sandy Park agter geslote deure teen die Leicester Tigers te staan.

Rowe sê hoewel die stadion se konferensiegeriewe, TV-regte en geld van die Engelse Rugbyunie (RFU) die klub help om sy verpligtinge na te kom, is kaartjieverkope steeds die grootste bron van inkomste.

“Almal beskou Exeter as die ideale onderneming, ’n winsgewende klub omdat Sandy Park se konferensie- en onthaalgeriewe vir die dag-tot-dag-uitgawes betaal, maar ons het die hekinkomste baie nodig.

“Vir die laaste vyf maande is dit ’n meulsteen om ons nek. Ons het nie daardie inkomste nie, maar die uitgawes bly dieselfde.

“Dit wat as’t ware ons goue hen was, is weg. Sandy Park se infrastruktuur het gehelp om die rekeninge te betaal en die wedstryde was ons wins.”

Die Suid-Afrikaanse losvoorspelers Jannes Kirsten, Jacques Vermeulen en Don Armand speel vir die Chiefs. – Reuters

Meer oor:  Exeter Chiefs  |  Covid-19  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.