Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Ernst van Rhyn neem leisels by WP
Ernst van Rhyn is die Westelike Provinsie se kaptein vir Saterdag se Curriebeker-wedstryd teen die Bulle op Loftus Versfeld. Foto: Gallo Images

Ernst van Rhyn is as die Westelike Provinsie se kaptein vir Saterdag se Curriebekerwedstryd teen die Bulle op Loftus Versfeld in Pretoria aangewys.

Ondanks die verlies van spelers aan die Springbok-groep en beserings kon die afrigter, John Dobson, hom steeds op ’n handvol ervare spelers beroep.

Dit sluit in die senterpaar van Dan du Plessis en Rikus Pretorius, die stutte Neethling Fouché en Ali Vermaak, en die blitse Seabelo Senatla en Sergeal Petersen. Laasgenoemde word wel buite posisie op heelagter ingespan.

Hacjivah Dayimani, ’n losvoorspeler wat by die Leeus geleen word, gaan waarskynlik op die plaasvervangersbank wees wanneer dit gefinaliseer word.

Hacjivah Dayimani word by die Leeus geleen om die WP se losvoorspeler-spens aan te vul. Foto: Gallo Images

Westelike Provinsie: Sergeal Petersen, Sihle Njezula, Rikus Pretorius, Dan du Plessis, Seabelo Senatla, Abner van Reenen, Paul de Wet, Evan Roos, Johan du Toit, Niel Otto, David Meihuizen, Ernst van Rhyn (k), Neethling Fouché, Kotze, Ali Vermaak. PLAASVERVANGERS UIT: Sazi Sandi, Leon Lyons, Lee-Marvin Mazibuko, Justin Basson, Hacjivah Dayimani, Godlen Masimla, Tim Swiel, Cornel Smit, Jason Alexander, De Wet Marais, Chris Schreuder.

Meer oor:  Westelike Provinsie  |  Wp  |  Bulle  |  Curriebeker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.