Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Ervare Dutton draf voor by die Bulldogs

Die ervare voorspeler Billy Dutton sal die Grens-Bulldogs vanjaar in die Curriebeker-reeks se Eerste Liga lei.

Billy Dutton is as die Grens-Bulldogs se kaptein vir die Eerste Liga-reeks aangewys. Foto: Gallo Images

Dutton (32), wat al 62 keer vir die Bulldogs gespeel het, kan as slot of op enige plek in die lostrio ingespan word.

Hy is nie die enigste ervare speler in die groep van 35 spelers wat die Grens-afrigter, Lumumba Currie, vir die reeks gekontrakteer het nie.

Die skrumskakel Bangi Kobese, wat die unie al 83 keer verteenwoordig het, is ook daar.

So ook die gesoute losvoorspeler Onke Dubase, wat voorheen ook vir die Southern Kings uitgedraf het.

Dubase het al 81 keer vir die Bulldogs gespeel.

Onke Dubase, hier vir die Southern Kings in aksie, is ook lid van die Bulldogs se groep vir die Curriebeker-reeks se Eerste Liga. Foto: Gallo Images

Die veteraan-senter Vuyo Mboto is ook terug by die Bulldogs nadat hy in die Griffons en die SWD-Arende gaan draai het.

Currie het 12 spelers gekies wat nog nie voorheen vir die Bulldogs gespeel het nie.

Hulle het almal tot onlangs nog vir Walter Sisulu of Fort Hare in die Varsityskild-reeks uitgedraf.

“Ons het besluit om in die jonger spelers te belê, want dit is die begin van die proses om die groep op te bou en daardie spelers het almal regtig goed gespeel in die onlangse Varsityskild-reeks,” sê Currie in ’n verklaring, wat die Suid-Afrikaanse Rugbyunie uitgereik het.

“Die ou hande is belangrik en het ons in die verlede goed gedien. Ons moet die reeks goed begin, want daar is net een ronde van wedstryde voor die uitspeelwedstryde, so daar is nie ’n tweede kans vir enigeen nie.

“Ons het ons ten doel gestel om die reeks te wen.”

Die Bulldogs begin hul aanslag in die Eerste Liga hierdie naweek teen die Griffons in Oos-Londen.

Bulldogs se groep (met getal provinsiale wedstryde in hakies):

Voorspelers: Stutte: Xolani Jacobs (0), Edwin Nxumalo (2), Ntsika Daka (4), Meyelani Ngobeni (0), Thabo Ntunja (14), Siba Mnkani (0), Masonwabe Ngcem (13), Yakha Qinela (0). Hakers: Vuyisani Mavuso (11), Mkhonto Caku-Caku (3). Slotte: Hlomla Payi (0), Ayabonga Nomboyo (34), Asekho Marubelela (0). Losvoorspelers: Siyanda Am (4), Billy Dutton (62), Onke Dubase (81), Yamkela Mzozoyana (0).

Agterspelers: Skrumskakels: Bangi Kobese (83), Anathi Shenxane (0), Anele Zweni (10). Losskakels: Jeandre Christian (0), Lwandile Mapuko (17). Senters: Migcobo Bovu (0), Foxy Ntleki (28), Mihlali Nobomvu (0), Vuyo Mboto (137), Sonwabiso Mqalo (45), Somila Mantyoyi (27). Vleuels en heelagters: Litha Nkula (9), Lungelo Gosa (35), Siphosenkosi Nofemele (65), Lelethu Gcilitshana (28), Lutho Adonis (6), Sicelo Tole (4), Siphelele Zono (9). Hoofafrigter: Lumumba Currie. Hulpafrigter: Thembani Mkokeli. – Sportredaksie

Meer oor:  Eerste Liga  |  Curriebeker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.