Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Ervare Rayno terug as Ixias-kaptein

Die flank Rayno Nel sal die Ixias van die Sentrale Universiteit vir Tegnologie in Bloemfonein vanjaar weer in die Varsitybeker-rugbyreeks lei.

Rayno Nel soek deurkomkans verlede jaar teen die Universiteit van Johannesburg in die Varsitybeker-reeks. Foto: Gallo Images

Die 23-jarige Nel was verlede jaar ook die kaptein van die Ixias voordat hy vroeg in die seisoen ’n ernstige kniebesering opgedoen het.

Nel, wat verlede jaar sy graad in elektriese ingenieurswese verwerf het, sê die spelers is positief oor die seisoen.

“Ons begin van voor af, en met Tiaan (Liebenberg) en Pieter (Bergh) wat saam die afrigting behartig, glo ons dit gaan goed gaan,” sê Nel.

Bergh, wat voorheen Griekwas se hulpafrigter was, is laat verlede jaar aangestel as hoofafrigter in die plek van Liebenberg, wat nou hulpafrigter is.

Die Bloemfonteinse studente kon verlede seisoen slegs een van hul wedstryde in die reeks wen en moes in ’n promosie-relegasie-wedstryd hul bestaansreg verdedig.

Die Ixias begin hul veldtog op 4 Februarie teen die Tukkies in Pretoria. 

Meer oor:  Varsitybeker-Reeks  |  Ixias  |  Tiaan Liebenberg  |  Pieter Bergh  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.