Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
‘Eskom’ se krag ‘belangrik vir Bulle’

Sy bynaam is Eskom, want hy het ’n reputasie dat hy teenstanders se “ligte” afskakel en hy is al lank die werkesel en ysterman in die Bulle-pak.

Verlede naweek in die Kaapstad-stadion het hy 22 duikslae uitgevoer en was invloedryk teen die Stormers.

Die Bulle-lostrio wat Saterdagaand op Loftus Versfeld die Haaie aanvat in die Reënboogbeker-kompetisie, Arno Botha, Marco van Staden en Duane Vermeulen. Foto: Gallo Images

Tog is Marco van Staden nie in die Springbok-prentjie vir die komende toetsreeks teen die Britse en Ierse Leeus nie.

Sou Jake White, sy afrigter by die Bulle, hom vir die Bokke oorweeg het?

“Dit is ’n moeilike vraag, want ek is nie in die Bok-binnekring nie. Ek weet nie hoe hul beplanning daar uitsien nie. Ek weet wel hy speel werklik goeie rugby vir ons en hy is belangrik vir die Bulle.

“Wie weet, as hy aanhou klop aan die deur kan daar dalk ’n kans kom vir hom.

Hy wíl speel en goed vaar vir die Bulle en dit is wonderlik vir ons.

“Ek lees in die media die Du Preez-broers (Dan en Jean-Luc) en Jasper Wiese is ontbied (vir die Bok-groep) en saam met al die losvoorspelers hier is dit onwaarskynlik dat Marco voor hulle in die ry staan.”

White sê dit beteken nie Van Staden is swartgallig oor dié afjak nie.

“Hy wíl speel en goed vaar vir die Bulle en dit is wonderlik vir ons.

“Ons gaan die volgende paar weke (totdat hy in Julie by die Leicester Tigers aanmeld) sy deugde ten volle benut.”

White het ’n Springbok-lostrio – Duane Vermeulen, Arno Botha en Van Staden – gekies vir Saterdagaand se kragmeting met die Haaie in die Reënboogbeker-kompetisie op Loftus Versfeld.

Botha, wat Elrigh Louw vervang, is die enigste verandering aan die beginspan wat verlede Saterdag met die Stormers afgereken het.

Ook Botha het ’n kans om teen Siya Kolisi en Sikhumbuzo Notshe, wat albei die nasionale belyningskamp bygewoon het, te oortuig dat hy nie die Bokke in die steek sal laat nie, sê White.

Die Haaie is die span om te klop en hulle het baie selfvertroue in hul groep.

Daar is by Loftus ’n gevoel van déjà vu soos ’n herhaling van die Curriebeker-eindstryd teen die Haaie.

“Toe ek verlede jaar hier aangekom het (by Loftus), was hulle die topspan en boaan die Superrugby-puntelys.

“Dit is nou baie dieselfde. Hulle het tien ligapunte ná twee wedstryde.

“Die Haaie is die span om te klop en hulle het baie selfvertroue in hul groep.

“Albei spanne weet hoe die ander een speel en ons het 100 minute nodig gehad om hulle in die Curriebeker-eindstryd te klop.

“Ons moet wen, want hulle het twee bonuspunte meer as ons en dit voel in daardie opsig weer soos ’n Curriebeker-eindstryd.”

White is gevra of daar ’n beker of trofee op die spel is in dié kompetisie wat tussen die vier Suid-Afrikaanse Pro16-spanne uitgespook word.

“Ek weet nie regtig nie. Dit word die Reënboogbeker genoem, so daar behoort seker so iets aan die einde van die reënboog te wees,” het hy geskerts.

Bulle: David Kriel, Madosh Tambwe, Marco Jansen van Vuren, Cornal Hendricks, Stravino Jacobs, Morné Steyn, Embrose Papier, Duane Vermeulen (k), Arno Botha, Marco van Staden, Ruan Nortjé, Walt Steenkamp, Mornay Smith, Johan Grobbelaar, Gerhard Steenekamp. PLAASVERVANGERS: Schalk Erasmus, Lizo Gqoboka, Trevor Nyakane, Janko Swanepoel, Elrigh Louw, Zak Burger, Chris Smith, James Verity-Amm.

Haaie: Aphelele Fassi, Sbu Nkosi, Lukhanyo Am (k), Jeremy Ward, Yaw Penxe, Curwin Bosch, Jaden Hendrikse, Sikhumbuzo Notshe, Henco Venter, Siya Kolisi, Reniel Hugo, Ruben van Heerden, Thomas du Toit, Fez Mbatha, Ox Nche. PLAASVERVANGERS: Kerron van Vuuren, Ntuthuko Mchunu, Wiehahn Herbst, Le Roux Roets, Phepsi Buthelezi, Sanele Nohamba, Manie Libbok, Werner Kok.

Skeidsregter: Jaco Peyper.

Assistent-skeidsregters: Griffon Colby, Paul Mente.

TV-skeidsregter: Marius van der Westhuizen.

TV: 18:15 op SS Grandstand, SS Rugby en GDN.

Meer oor:  Haaie  |  Jake White  |  Bulle  |  Reënboogbeker  |  Rugby  |  Marco Van Staden
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.