Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Etzebeth en Mapoe skud sakke vir Kings
Eben Etzebeth, wat deesdae vir Toulon in Frankryk speel, het geld tot ’n noodfonds vir die Southern Kings bygedra. Foto: Getty Images

Die Springbokke Eben Etzebeth en Lionel Mapoe tel onder diegene wat hul beursies oopgemaak het om die finansieel geteisterde Southern Kings te help.

“Eben en Lionel is van die bekende rugbyspelers wat hul sakke geskud het om hul rugbybroers in nood te probeer help,” sê Piet Heymans, die man wat die Kings se noodfonds gestig het.

Heymans, ook die uitvoerende hoof van Sport Employees Unite, sê die fonds is nou besig om vaart te kry.

Piet Heymans, die uitvoerende hoofbeampte van Sport Employees Unite. Foto: Facebook

Al die geld wat ingesamel word, sal onder die spelers, afrigters en ander werknemers van die Kings, wat weens die franchise se skielike likwidasie vandeesmaand salarisloos is, verdeel word.

“Daar is 52 mense wat deur die fonds gehelp gaan word, so dis nie asof elkeen ’n fortuin gaan kry nie,” sê Heymans.

“Die paar rand wat elkeen gaan kry, sal egter hopelik help dat hulle dié maand kos op die tafel sal hê.”

Volgens Heymans is die fonds gestig om die spelers net “vir ’n kort rukkie” te help.

“Dis nie ’n langdurige projek nie. Hopelik kry die ouens nou ander werk en ons help hulle ook om hulle sake met die werkloosheidsversekering in orde te kry,” sê hy.

• Meer inligting oor die Kings se noodfonds kan hier verkry word.

Meer oor:  Eben Etzebeth  |  Kings  |  Lionel Mapoe  |  Saru
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.