Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Everitt brei Haaie; Brent sy adjunk

Brent Janse van Rensburg se welslae as hoofafrigter van Griekwas het in Durban weerklank gevind met sy aanstelling as ’n hulpafrigter van die Haaie vir volgende jaar se Superrugby-reeks.

Hy sal Sean Everitt, nuwe hoofafrigter in die plek van Robert du Preez, bystaan as voorspelerspesialis met die Haaie se voorbereiding vir die Suidelike Halfrond se prestigereeks.

Brent Janse van Rensburg

Everitt rig tans hul Curriebekerspan af en is al die afgelope 11 jaar en sowat sewe maande op verskillende vlakke by die Haaie betrokke.

Hy was onder meer van 2014 tot 2017 ’n hulpafrigter van die Haaie se Superspan. Verlede jaar was hy die hoofafrigter van die Haaie se o.19-span wat onoorwonne in die seisoen was.

Everitt het in Durban onder verskeie bekende afrigters soos John Plumtree, Brendan Venter, Jake White en Gary Gold sy skoolgelde betaal. Hy het dus baie ervaring op senior provinsiale vlak as ’n afrigter.

Hy was ook in sy speeldae in die vroeë negentigerjare ’n goeie senter op klub- en Natal Wildebeeste-vlak.

Janse van Rensburg het die afgelope week in ’n onverwagte stap bevestig dat hy ná die Curriebeker sy wortels in Kimberley as Griekwas se hoofafrigter gaan uittrek. Hy het ’n kontak van drie jaar met die Haaie gesluit en sal vir die Durbaniete se voorspelerspel verantwoordelik wees.

In dié stadium lyk dit of Dave Williams as Everitt se agterlynafrigter aangestel sal word.

Williams het hom verlede jaar by die Haaie aangesluit as die aanvallende afrigter van Du Preez se Superspant. Voor dit het hy in 2016 vir hom naam as die Southern Kings se aanvallende afrigter gemaak.

Hy het ook goeie werk by die Cheetahs gedoen. Voor ditwas hy as afrigter by spanne soos Kobelco Steelers, Bath en London Irish betrokke. Hy is tans een van Everitt se Curriebeker-hulpafrigters.

  • Dis onwaarskynlik dat Nick Easter, wat ’n hulpafrigter van die Haaie in die Superreeks was, sy posisie sal behou.
Meer oor:  Haaie  |  Griekwas  |  Superrugby-Reeks  |  Brent Janse Van Rensburg  |  Sean Everitt  |  Durban  |  Hulpafrigter
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.