Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
EW Viljoen storm Leicester toe
EW Viljoen groet die Kaap en gaan sy loopbaan by die Leicester Tigers voortsit. Foto: Gallo Images

EW Viljoen is op pad Leicester Tigers toe om nuwe lewe in sy kwynende rugbyloopbaan te blaas.

Die 24-jarige senter van die Stormers het vanjaar ’n stryd teen beserings gevoer voordat hy in die Kapenaars se voorlaaste wedstryd van hul seisoen, teen die Sunwolves op Nuweland, weer plek in die 23-tal gekry het.

Viljoen verlaat die Kaap as ’n speler wat nooit ten volle reg aan sy talent laat geskied het nie. Groot dinge is ná 2017 se Superreeks vir hom voorspel, maar hy het weens ’n verswakking in sy spelpeil en heelwat beserings momentum in sy loopbaan verloor.

Die Tigers kry egter ’n ongeslypte diamant en hul hoofafrigter, Geordan Murphy, is verheug oor dié aanwins.

“EW is ’n veelsydige, vaardige en opwindende speler om in ons groep te hê. Hy’t ’n indrukwekkende CV vir só ’n jong man en hy kan in die komende jare baie verbeter. EW versterk ons diepte onder ons buite-agterspelers.”

Viljoen kon nie vir meer as ’n skuif na een van Engeland se spogklubs gevra het om sy loopbaan weer op koers te kry nie.

“Die geleentheid om ’n klub soos die Leicester Tigers te verteenwoordig, is een wat ek nie van die hand kon wys nie,” sê hy.

Die geleentheid om ’n klub soos die Leicester Tigers te verteenwoordig, is een wat ek nie van die hand kon wys nie.
EW Viljoen

Viljoen is die Tigers se 12de aanwins voordat die nuwe seisoen afskop. Hulle het ook die voormalige Stormers-senter Jaco Taute gekontrakteer.

Met Damian de Allende en JJ Engelbrecht ook uit die prentjie, sal Dan Kriel en Ruhan Nel waarskynlik die Westelike Provinsie se voorkeur-senterpaar wees in vanjaar se Curriebeker-reeks. SP Marais kan ook as ’n buitesenter oorweeg word.

Daar is ook twee belowende jong senters in die WP, die Junior Springbok Rikus Pretorius en Matt Moore.

Intussen het Leicester ook bevestig dat die Bulle-losvoorspeler Hanro Liebenberg met hom ’n kontrak onderteken het.

Die vleuel Travis Ismaiel, ’n spanmaat van Liebenberg by die Bulle, gaan hom by Harlequins aansluit. Die 27-jarige Ismaiel het verlede jaar sy enigste toets teen Wallis in Washington gespeel, maar is nie meer deel van die Springbok-afrigter, Rassie Erasmus, se planne nie.

Meer oor:  Kaapstad  |  Engeland  |  Kontrak  |  Senter  |  Oorsee  |  Premierliga  |  Superrugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.