Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Exeter Chiefs se baas soek nóg bekers
Tony Rowe het groot planne vir die Exeter Chiefs. Foto: Getty Images

Tony Rowe, voorsitter van die Exeter Chiefs, dink sy “spesiale” span kan hom as die wêreld se topklubrugbyspan vestig.

Die Chiefs het met hul oorwinning Saterdag oor London Wasps in die eindstryd van die Engelse Premierliga slegs die vierde Engelse span geword wat die Premierliga én die Europese Kampioenebeker kon wen.

Die ander drie Engelse spanne was Saracens, Wasps en Leicester.

“Ek het aan hulle gesê hulle is ’n klomp spesiale ouens,” het Rowe aan die Daily Mail gesê.

“Daar is gewoonlik ’n klompie ouer manne in ’n span wat kan doen wat ons gedoen het, maar ons is eintlik ’n jong klomp.”

Daar is gewoonlik ’n klompie ouer manne in ’n span wat kan doen wat ons gedoen het, maar ons is eintlik ’n jong klomp.
Tony Rowe

Volgens Rowe het sy groep nog “so drie of vier jaar voordat jy kan begin dink hulle raak nou oud”.

Hy dink die span gaan net verbeter en hy weet dat hy ’n klomp ambisieuse spelers bymekaar gekry het.

“Nou moet ons ons as die beste klub vestig. Ek wil hê dit moet die beste klub in die wêreld wees en ons kan dit regkry,” het hy gesê. – Reuters

Meer oor:  Engeland  |  Rugby  |  Exeter Chiefs
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.