Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Exeter, Racing oorheers Speler van die Jaar-lys
Die Exeter-agtsteman Sam Simmonds dra die bal in die Kampioenebeker-halfeindstryd teen Toulouse. Foto: Getty Images

Engeland se Exeter Chiefs en Frankryk se Racing 92, die twee spanne wat volgende maand die eindstryd van die Kampioenebeker beslis, oorheers die kortlys vir die Europese Speler van die Jaar.

Die EPCR, die beheerliggaam vir klubrugby in Europa, het die lys van vyf name Dinsdag bekend gemaak.

Exeter word verteenwoordig deur die agtsteman Sam Simmonds en die seisoen se voorste driedrukker en Skotse kaptein, Stuart Hogg.

Die Skotse losskakel Finn Russell en Franse senter Virimi Vakatawa is die Racing-spelers wat die lys gehaal het.

Die Fidjiaanse senter Semi Radradra is ook ingesluit weens sy uitstekende vertonings in die groepfase van die Uitdaagbeker vir die Bordeaux Begles en later vir die Bristol Bears, wat op 16 Oktober teen Toulon in die eindstryd speel.

Die wenner van die prys – die Anthony Foley Memorial-trofee – word bekend gemaak ná die Kampioenebeker-eindstryd in Bristol op 17 Oktober.

Die Saracens-agterspeler Alex Goode het dié trofee verlede jaar ontvang.

– Reuters

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.