Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Fainga’a-driekuns help Brumbies wen

’n Driekuns deur die Brumbies se haker Folau Fainga’a het sy span Saterdag gehelp om die Blues met 26-21 in Canberra te troef.

Folau Fainga’a het Saterdag ’n driekuns teen die Blues behaal in sy span se sege in Canberra.Foto: Getty Images

Die Australiërs is terug op die wenpad nadat hulle verlede week deur die Jaguares met 20-15 geklop is in Buenos Aires in Argentinië.

Die Brumbies moes egter ’n groot storm afweer nadat hulle al vroeg in die wedstryd met 0-12 agter was nadat die Blues se buitesenter, TJ Faiane, en die linkervleuel, Caleb Clarke, binne die eerste 10 minute gaan druk het.

Die Brumbies het egter in geen stadium gaan lê nie en Fainga’a het sy eerste afgerond om sy span terug in die wedstryd te kry.

Die Blues se losskakel, Otere Black, het ’n strafskop oorgeklits om hul voorsprong tot 15-5 te vergroot, voordat die loskopstut, James Slipper, vir die Brumbies ’n verdoelde drie afgerond het.

Twee geelkaarte in die tweede helfte het die Blues se aanslag gestuit. Eers is die loskopstut, Alex Hodgman, koelkas toe gestuur, met sy stutmaat, Ofa Tu’ungafasi, wat nie lank daarna gevolg het nie.

Dit het heelwat wind uit die Nieu-Seelanders se seile geneem.

Fainga’a het twee keer in die tweede helfte gaan druk, met Christian Lealiifano wat albei verdoel het, terwyl die Blues se enigste punte ná die omdraaislag van die skopskoen van Harry Plummer gekom het.

* Puntemakers:

Brumbies 26 (12): Drieë: Folau Fainga’a (3), James Slipper. Doelskoppe: Christian Lealiifano (3).

Blues 21 (15): Drieë: TJ Faiane, Caleb Clarke. Doelskoppe: Otere Black. Strafdoel: Black, Harry Plummer (2).

Meer oor:  Canberra  |  Blues  |  Brumbies  |  Superrugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.