Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Familie, Jake se Bulle lok Jacques terug

Familie en die vooruitsig om vir Jake White se Bulle te speel.

Jacques du Plessis gaan binnekort die Bulle se teenstanders só op die voordeellyn aanvat. Foto: Getty Images

Jacques du Plessis, wat die afgelope week ’n Bulle-kontrak van drie jaar onderteken het, sê uit Frankryk dít was die grootste redes wat hom laat besluit het om terug te kom Loftus Versfeld toe.

Daar was die laaste seisoen of twee gereeld gerugte dat Du Plessis by sy ou span in Pretoria wil aansluit.

Met die Du Plessis-egpaar se seuntjie, Thinus, wat nou twee en ’n half jaar oud is, is die tyd reg om ná ses seisoene by Montpellier te groet.

Die Haaie het ook in dié yster van 120 kg en 2,01 m belanggestel, maar die Bulle sou altyd geseëvier het, sê hy.

“Familie het die grootste rol gespeel in my besluit. Ek het destyds as ’n pasgetroude man in Montpellier aangekom en nou het ons ’n seuntjie wat groot word.

“Ons wil graag hê hy moet sy familie leer ken.

“Lojaliteit is vir my belangrik. Ek het my loopbaan by die Bulle begin en is baie bevoorreg om terug te keer na my alma mater.”

En hy het Suid-Afrikaanse rugby gemis, gee hy toe.

“Ons rugby is baie professioneel, ’n ou moet dit nie onderskat nie.

“Ek het dit gemis om naweke teen my vriende van ander spanne te speel en dan ná die wedstryd saam te kuier in die kleedkamer.”

Ek sien baie uit. Ek het wonderlike tye by Montpellier gehad toe hy die span afgerig het en ek glo daar is ook wonderlike tye wat by die Bulle wag.
Jacques du Plessis

Sy tyd by Montpellier sal altyd wonderlike herinneringe inhou, sê die boorling van Pongola.

“Buiten die rugby wat ek baie geniet het, is Thinus in Frankryk gebore en ek en my vrou het die wêreld gesien die laaste paar jaar.”

Dit is ook by Montpellier waar sy paadjie in 2015 met White s’n gekruis het.

Du Plessis praat met die grootste lof van die voormalige Springbok-afrigter.

Toe Du Plessis in 2015 vort is by Loftus, was dit die begin van die Bulle se sukkeljare.

In 2021 is dit nou vir hom ’n opwindende vooruitsig om weer onder White te speel.

Coach Jake weet wat dit verg om te wen. Hy hou van wen. Hy is ’n absolute legende, gaan kyk wat hy bereik het by al die spanne wat hy in die verlede afgerig het.

“Ek sien baie uit. Ek het wonderlike tye by Montpellier gehad toe hy die span afgerig het en ek glo daar is ook wonderlike tye wat by die Bulle wag.”

Du Plessis is versigtig om hom uit te laat oor sy kans om ’n Springbok te word.

Tog moet ’n man met sy ervaring, fisieke deugde en veelsydigheid gouer as later in die prentjie wees, al kom hy eers in Julie in Pretoria aan.

Veral ook met die Bok-slotte Lood de Jager, Eben Etzebeth en RG Snyman almal buite aksie.

Luister jy so na die praatjies by Loftus oor Jacques Nienaber se beoogde groep vir die reeks teen die Britse en Ierse Leeus, kan hy dalk al vanjaar met ’n Bok-baadjie in die kas spog.

Meer oor:  Vulle  |  Jacques Du Plessis  |  Jake White  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.