Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Farrell t. pa ‘moeilik vir sy ma, susters’

Wanneer Ierland en Engeland aanstaande naweek in die Sesnasies-reeks kragte meet, sal dit nie die eerste keer wees dat pa en seun – in dié geval Andy en Owen Farrell – teenstanders is nie, tog erken Andy dit bly steeds “aardig”.

Farrell sr. is deesdae die Iere se hoofafrigter en neem sy span aanstaande Sondag na Twickenham om met die Engelse kragte te meet, met Farrell jr. wat die Rose aanvoer.

Owen Farrell, (links) en sy pa, Andy, by ’n oefensessie van Engeland in 2013 in Cardiff. Foto: Getty Images

“Ek weet, dit is nogal aardig,” het Farrell Donderdag volgens The Irish Times ná sy span se oefensessie in Cork gesê.

“Wel, om eerlik te wees, dit is meer aardig vir julle (die media teenwoordig). Maar vir ons is dit nie soseer nie, want dit was nog nooit anders gewees nie.

“Dit (hul rugbyverhouding) is so professioneel soos wat kan kom, want dit is al wat ons altyd geken het, met Owen (28) wat ’n beroepspeler is en ek ’n professionele afrigter,” sê Farrell sr. (44).

Hy het self in sy speeldae vir die Rose uitgedraf en was selfs die span se hulpafrigter waar hy sy seun afgerig het. Farrell sr. is egter by die Rose die deur gewys toe Eddie Jones die afrigtingsleisels by Stuart Lancaster oorgeneem het.

Maar Farrell sr. het wel toegegee dat die stryd op die rugbyveld nogal moeilik is vir sy vrou, Colleen, en Farrell jr. se susters, Elleshia en Grace.

“Dit is sekerlik die moeilikste vir Colleen en Owen se susters. Hulle ervaar ongelooflike gemengde gevoelens. Ek verstaan dit, hulle is ook net mense.

“Ek neem aan hulle hoop dat albei spanne goed sal vertoon. En dit is iets wat nie gaan gebeur nie. So dit is ’n moeilike een vir hulle,” het Farrell sr. volgens die Irish Mirror gesê.

Ierland is steeds onoorwonne vanjaar in die Sesnasies-reeks, terwyl Engeland sy openingswedstryd teen Frankryk in die eerste ronde verloor het. – Sportredaksie

Meer oor:  Twickenham  |  Engeland  |  Andy Farrell  |  Sesnasies  |  Ierland  |  Owen Farrell
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.