SPESIALE VAKANSIE-AANBOD: Teken in teen net R49 vir jou eerste maand! Word 'n intekenaar
Rugby
‘Fel’ stryd woed om plekke in Blitsbok-span

’n Rapsie meer as twee weke voordat die nuwe sewesseioen afskop, is die Blitsbokke in Stellenbosch besig om mekaar te “druk” vir ’n plek in die span.

Wêreldrugby se sewesreeks vir die 2019/’20-seisoen begin op 5 Desember in Dubai, voordat Kaapstad die naweek daarna aan die beurt kom.

Kurt-Lee Arendse is een van die Blitsbokke wat verlede seisoen sy hand opgesteek het. Foto: Getty Images

Met ’n handvol spelers van vyftienman-rugby soos Seabelo Senatla, Ruhan Nel en Dylan Sage wat tydelik beskikbaar is, saam met ’n klomp groentjies wat verlede seisoen hul hande opgesteek het, besef Neil Powell, afrigter van die Blitsbokke, dit gaan nie maklik wees om raak te vat nie.

“Jy kan sien hoe die ouens mekaar druk en hoe die gesonde kompetisie in die groep die beste uit elke ou na vore bring. Dit is lekker om dit te sien – basies dat die standaard gelig word as gevolg van die kompetisie.

Jy kan sien hoe die ouens mekaar druk en hoe die gesonde kompetisie in die groep die beste uit elke ou na vore bring.
Neil Powell

“Daar is seker 20, 22 ouens wat jy in die 13-tal kan sit en dit gaan steeds ’n goeie span wees. Maar ongelukkig kan ’n mens net 13 ouens vat, so dit maak die spankeuses moeilik,” sê Powell.

“Ouens soos JC (Pretorius) en Kurt-Lee (Arendse) het mooi deurgekom. Angelo (Davids) het met tye goed gespeel en Mfundo (Ndhlovu) hier en daar ook wanneer hy kans gekry het.

“So daar is ’n klomp ouens – ook Ryan (Oosthuizen) – wat goed gevaar het,” sê Powell.

’n Paar moeilike besluite oor spankeuses wag op Neil Powell, afrigter van die Blitsbokke. Foto: Getty Images

Hy is tevrede met hoe die Blitsbokke se voorbereiding verloop vir die eerste twee toernooie. Suid-Afrika het die Dubai-toernooi laas in 2017 gewen, terwyl hy in die Moederstad laas in 2015 kon koning kraai.

“Die drie opwarmingstoernooie (Duitsland, Kenia en Engeland) waarin ons gespeel het, het ons ’n goeie aanduiding gegee van watter areas nog skaafwerk nodig het – waar ons kan verbeter, as individue en as ’n span,” sê Powell.

“Almal moet presies verstaan wat hul rolle en verantwoordelikhede is wat die stelsel betref en dít wat ons nastreef.”

* Werner Kok, wat verlede seisoen die oorgang van agter- na voorspeler gemaak het, sal hierdie seisoen hoofsaaklik voorlangs ingespan word. Hy kan egter agtertoe skuif as die beseringspook ’n draai in die Blitsbok-kamp maak.

Meer oor:  Kaapstad  |  Kurt-Lee Arendse  |  Sewesrugby  |  Doebai  |  Neil Powell  |  Blitsbokke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.