Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Ferreira wil nie rugbystewels wegpak

Hy voel hy het nog minstens twee seisoene se rugby in hom en hy is nog nie van plan om nou sy stewels weg te pak nie, sê die veteraan-voorryman Schalk Ferreira.

Te oud vir rugby? Watwou! Schalk Ferreira aan die sweet by sy huis in Port Elizabeth gedurende die inperkings.
’n Vasberade Schalk Ferreira aan die storm. Ferreira soek nuwe weivelde nadat die Kings hom nie weer ’n kontrak aangebied het nie. Foto: Gallo Images

Ferreira (36) se kontrak met die Southern Kings eindig teen die einde van dié maand en die Oos-Kaapse franchise het besluit om hom nie ’n nuwe een aan te bied nie.

“Ek hoop om weer in Frankryk of dalk in Italië te gaan speel. Daar dink hulle anders oor ouderdom,” sê Ferreira, wat voorheen ook vir Toulouse in Frankryk uitgedraf het.

“Ek het geen kwade gevoelens teenoor die Kings nie en wil nie enige brûe verbrand nie. Wanneer ek besluit om eendag op te hou rugby speel, sal ek na Port Elizabeth wil terugkom.”

Tussen 2013 en 2015 het Ferreira vir Toulouse in Frankryk uitgedraf. Foto: Getty Images

Ferreira sê hy wil graag later by afrigting betrokke raak en hy is bereid om onder te begin.

“Ek is lief vir die Baai en het ’n huis hier. As dit net oor geld gegaan het, sou ek al lankal gewaai het,” sê Ferreira.

“Dis nie ’n geheim dat die Kings en die Oostelike Provinsie baie spesiaal vir my is nie. Ek sou gebly het al het die Kings my ’n kleiner salaris aangebied.”

Volgens Ferreira verstaan hy dat die Kings weer in ’n bou-fase is. Hy is egter bekommerd dat die franchise dalk van te veel ervare manne ontslae raak.

Buiten vir Ferreira, is Demetri Catrakilis, Rossouw de Klerk en Sarel Pretorius – onder andere – nie weer kontrakte aangebied nie.

Ferreira, wat voorheen die Kings sowel as die OP aangevoer het, was die afgelope seisoen weer een van die leiersfigure vir die Oos-Kapenaars.

Hy was sonder twyfel een van die fiksste voorspelers en het steeds goeie spel vir die Kings gelewer.

’n Leier soos min! Ferreira het in sy tyd in die Oos-Kaap die Kings sowel as die OP aangevoer. Foto: Gallo Images

Die plan was altyd dat hy dié seisoen ’n soort mentor vir die jonger stutte sou wees.

Met die uiters talentvolle loskopstut Alulutho Tshakweni wat die hele seisoen beseer was, kon al die jonger voorrymanne egter nie by sy leiding baat nie.

“Dit is met ’n swaar hart dat ek by die Kings weggaan,” sê Ferreira, wat in 2013 die eerste keer vir die Oos-Kapenaars gespeel het.

“Ek het soveel goeie tye, maar ook moeilike tye, saam met die span deurgemaak.”

Meer oor:  Schalk Ferreira  |  Kings  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.