Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
FFR moet rugbybreier R15 miljoen betaal
Guy Novès, voormalige afrigter van die Hane. Foto: Getty Images

Die Franse Rugbyfederasie (FFR) moet opdok nadat hy Guy Novès, ’n voormalige afrigter van Frankryk se nasionale span, “onregmatig” in die pad gesteek het.

Die 65-jarige Novès, wat die Hane sedert 2015 afgerig het, is in Desember 2017 afgedank ná sy span se swak vertoningslys.

Nou het ’n Franse hof egter beslis dat sy ontslag onregmatig was en is die FFR beveel om hom met €1 miljoen (sowat R15,83 miljoen) te kompenseer.

Die FFR se verweer was dat Novès, onder wie se leiding die Hane slegs sewe van hul 21 toetse kon wen, hom aan wangedrag skuldig gemaak het.

Hoewel Novès aanvanklik €2,88 miljoen geëis het, en soos die FFR die reg het om te appelleer, gaan hy die saak daar laat.

Ek is tevrede met die besluit, die FFR het gesê daar was ernstige wangedrag aan my kant, maar die hof het bevind daar was geen.
Guy Novès

“Ek is tevrede met die besluit, die FFR het gesê daar was ernstige wangedrag aan my kant, maar die hof het bevind daar was geen,” sê Novès.

Die prokureur Joseph Aguera, wat namens die FFR opgetree het, het aan die Franse sportpublikasie L’Equipegesê Novès se eis was “buitensporig” maar dat die uitspraak “redelik” is.

Die kontrak wat aangegaan is met Novès toe hy aangestel is, het bepaal dat hy Frankryk na 2019 se Wêreldbeker-toernooi in Japan sou neem.

Sy opvolger, Jacques Brunel, vaar nie juis veel beter nie, met Frankryk wat slegs twee van sy vyf wedstryde in 2019 se Sesnasies-reeks kon wen. – Reuters

Meer oor:  Frankryk  |  Hofsaak  |  Afgedank  |  Hane  |  Afrigter  |  Rugby  |  Vergoeding
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.