SPESIALE VAKANSIE-AANBOD: Teken in teen net R49 vir jou eerste maand! Word 'n intekenaar
Rugby
Fidji klop Baabaas in drieëfees

Saterdag se kragmeting tussen die Barbarians en Fidji op Twickenham het oudergewoonte ’n drieëfees opgelewer, met die spanne wat 10 drieë ingeryg het.

Die Barbarians, met ses Springbokke in hul beginspan, het naelskraap met 31-33 verloor, maar die Suid-Afrikaners het goeie rekenskap van hulself gegee deur vier van die Baabaas se vyf drieë te druk.

Tendai Mtawarira op die aanval vir die Barbarians teen Fidji.Foto: Getty Images

Frankryk se makro-senter Mathieu Bastareaud het in die 18de minuut die eerste drie gedruk, maar Fidji het vyf minute later teruggeslaan met ’n goeie agterlyndrie deur die heelagter Enele Malele, en drie minute later het die losskakel, Teti Tela, gedruk nadat Fidji van die afskop af die Baabaas verdediging van die halflyn af uitoorlê het.

André Esterhuizen het ná ’n halfuur oorgestrek om sy span se tweede drie te druk met sy landgenoot Curwin Bosch wat verdoel het om die agterstand na 12-14 te laat krimp.

Fidji het skaars ’n minuut ná rustyd verwoed begin dryf vir die kantman John Dyer om hul derde drie te druk.

Die Baabaas het egter met tipiese avontuurlus hulself uit hul halfgebied uitgehardloop en uiteindelik ’n man oor bewerkstellig vir Makazole Mapimpi om hul derde drie te druk.

In die 50ste minuut was dit weer Fidji se beurt om te druk, met die slot Temo Mayanavanua wat onkeerbaar deurgestorm het. Teti Tela het geen fout gemaak met die doelskop nie, en sy span se voorsprong na 28-17 gerek.

Die drieëfees is deur Fidji voortgesit toe hul ramkat-flank, en Speler van die Wedstryd, Dyer, in die 69ste minuut oorgegaan het vir sy tweede.

Mapimpi het in die 77ste minuut ook sy tweekuns behaal en ’n minuut later het die Baabaas die bal uitstekend rondgegooi vir die oud-Bok Morné Steyn om te druk en te verdoel.

Dit was egter net te min te laat.

* Puntemakers:

Fidji 33 (14): Drieë: John Dyer (2), Enele Malele, Teti Tela, Temo Mayanavanua. Doelskoppe: Teti Tela (4).

Barbarians 31 (12): Drieë: Makazole Mapimpi (2), Mathieu Bastareaud, André Esterhuizen, Morné Steyn. Doelskoppe: Curwin Bosch, Steyn.

Meer oor:  John Dyer  |  Makazole Mapimpi  |  Twickenham  |  Baabaas  |  Fidji
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.