Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Fidji klop Hane, wat nie ‘respek’ het

Frankryk se skokkende nederlaag Saterdag teen Fidji – minder as ’n jaar voor die Wêreldbeker-rugbytoernooi in Japan – is ’n terugslag, erken Jacques Brunel, die Hane se breier.

Mathieu Bastareaud sê die Hane het nie respek vir Fidji gehad nie. Foto: Getty Images

Fidji se oorwinning met 21-14 in die Stade de France in Parys was boonop die span se eerste sege oor Frankryk.

“Dit is ’n slag en nie iets waarvoor ons beplan het nie. Ongelukkig is hierdie die laaste van die toetse die maand, met die spelers wat terugkeer na hul klubs, wat ons laat met ’n moeilike situasie. Dit maak dinge gekompliseerd,” sê Brunel met verwysing daarna dat hy nie dadelik kan gaan skaaf aan die Hane se ooglopende tekortkominge nie.

Frankryk se senter Mathieu Bastareaud het nie doekies omgedraai oor die rede vir die nederlaag nie, volgens nzherald.co.nz.

“Ons het hulle nie gerespekteer nie en hulle het oor ons geloop.”

Ons het hulle nie gerespekteer nie en hulle het oor ons geloop.
Mathieu Bastareaud

Brunel sê hy dink sy span se voorbereiding vir die wedstryd was voldoende.

“Ons is deeglik daarvan bewus dat hierdie nederlaag as ’n waarskuwing dien.

“Hulle het ons by die losgemale oorheers en ons ondersteunende spel was ook nie goed nie. Dit is moeilik om ’n positiewe kant te sien, maar ek wil glo dít is nie al waartoe ons in staat is nie.

“Teen Suid-Afrika en Argentinië was ons baie beter. Maar ons kan nie daarvan wegkom dat ons teen Fidji verloor het nie,” sê Brunel.

Die Hane het die afgelope maand naelskraap teen die Springbokke (26-29) verloor, terwyl hulle die Argentyne daarna gemaklik met 28-13 geklop het.

“Ons het gedink ons maak vordering. Ons het vandeesmaand twee treë vorentoe gegee, maar nou het ons weer een tree terug gegee,” sê Brunel. 

– Reuters

Meer oor:  Jacques Brunel  |  Frankryk  |  Fidji  |  Mathieu Bastareaud  |  Hane  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.