Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Fidji ook Blitsbokke se tier

Suid-Afrika se sewesspan moes met die 10de plek by die Hamilton-sewestoernooi tevrede wees nadat Fidji hom ook Sondag bloedneus geslaan het.

Die Blitsbok Zain Davids. Foto: Gallo Images

Die Fidjiane het die uitspeelstryd om die negende plek met 12-5 gewen.

Veral in die eerste helfte was daar tekens dat die Blitsbokke die wingerdgriep afgeskud het wat hulle die naweek in Nieu-Seeland bloots gery het.

Dit was ’n lekkerte om te sien hoe Angelo Davids onder die Fidjiane uitseil om te gaan druk. Of daardie klein towenaar Selvyn Davids wat gate in Fidji se verdediging vind en op volle vaart aanval.

Daar was egter ’n hanteerfout of twee en meer as een fout in die lynstane. Waar die Blitsbokke se verdediging aanvanklik goed was, was dit teen die einde weer te effentjies.

Kortom, lastige dinge wat onnodige sooibrand vroeg op ’n Sondagoggend veroorsaak.

Die effense ongehoorde situasie dat twee van die voorste sewespanne ter wêreld uitspeel om die negende plek, is veroorsaak deur die feit dat albei ’n goor naweek agter die rug het.

Suid-Afrika het derde in Groep B klaargemaak, nadat hy teen Engeland en Kenia verloor het. Die Fidjiane was derde in Groep D, nadat hulle teen Argentinië verloor het.

Die Blitsbokke se afrigter, Neil Powell, het vyf veranderinge aan die beginspan aangebring vir die wedstryd teen Fidji, met slegs JC Pretorius en Stedman Gans wat weer in die opdrafspan was.

* Puntemakers:

Fidji 12 (0): Drieë: Napolioni Bolaca, Kavekini Tabu. Doelskop: Kavekini Tabu.

Suid-Afrika 5 (5): Drie: Angelo Davids.

Meer oor:  Fidji  |  Blitsbokke  |  Hamilton
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.