Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Fidji wag straks op Blitsbokke in Doebai
Die Blitsbok Selvyn Davids seil onder twee spelers van Skotland uit tydens verlede seisoen se sewestoernooi in Hongkong. Foto: Getty Images

Die Blitsbokke begin hul aanslag op sewesglorie in Doebai – die eerste Wêreldreeks-toernooi van die nuwe seisoen – teen Kenia.

Dié toernooi word van 5 tot 7 Desember in die Verenigde Arabiese Emirate beslis. Suid-Afrika het die toernooi reeds ses keer gewen, waarvan die laaste keer in 2017 was.

Benewens Kenia is die ander spanne in Groep D Engeland en Spanje. Slaag die Blitsbokke daarin om eerste in die groep te eindig, sal hulle teen die naaswenner van Groep A te staan kom – waarskynlik Frankryk of Argentinië.

Kom Suid-Afrika oor daardie hekkie, wag Fidji straks in die halfeindronde. Die Fidjiane het verlede seisoen die Wêreldreeks gewen én is die Olimpiese kampioen.

Die toernooi in Kaapstad word ’n week later beslis.

Suid-Afrika se bepalings vir sy groepwedstryde in Doebai: 5 Des (17:54 SA tyd): SA t. Kenia; 6 Des (11:48): SA t. Spanje; (17:54): SA t. Engeland. 

Meer oor:  Sewesrugby  |  Blitsbokke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.