Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Fiela verruil Pumas vir Griekwas
Theo Boshoff gaan sy loopbaan by Griekwas voortsit. Foto: Gallo Images

Theo Boshoff, ’n losskakel van die Pumas, het hom vandeesweek by Griekwas se rugbyspan in Kimberley aangesluit.

Die Poubloues se afrigter, Scott Mathie, sê dit is om hulle diepte aan te vul in dié posisie omdat Tinus de Beer hom aan die einde van die seisoen op sy beurt by die Pumas gaan aansluit.

Albei die losskakels het voorheen by Tukkies in die Varsitybeker-reeks naam gemaak.

Die 22-jarige Boshoff, ’n losskakel en oudleerling van Paarl Gimnasium, het hom ná skool by die Blou Bulle aangesluit.

“Fiela”, soos hy bekend staan, het vir Tuks in die studentereeks en die Bulletjies in die plaaslike o.21-reeks uitgeblink, wat in 2019 die nasionale titel gewen het.

Hy het verlede jaar ’n kontrak van twee jaar met die Pumas gesluit. – Sportredaksie

Meer oor:  Pumas  |  Griekwas  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.