Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Finansies kelder Springbok-museum
Die Springbok-museum by die Kaapstadse waterfront gaan aan die einde van die maand sy deure sluit. Foto: Gallo Images

Die Springbok-museum by die Waterfront in Kaapstad gaan sy deure sluit nadat die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) ’n “pynlike besluit” moes neem.

“Dit is ongelukkig die ekonomiese realiteit,” het Jurie Roux, Saru se uitvoerende hoof, in ’n verklaring gesê.

Hy sê hulle het in hul doel geslaag met die museum, The Springbok Experience.

“Dit het ’n ervaring van wêreldgehalte gebied en het onder meer die verborge storie van swart rugby vertel.

Dit het ’n ervaring van wêreldgehalte gebied en het onder meer die verborge storie van swart rugby vertel.
Jurie Roux

“Die museum het jaarliks pryse gewen en ons het 200 000 besoekers gehad die afgelope net meer as vyf jaar. Almal was beïndruk met die storie wat ons vertel het en die wyse waarop ons dit gedoen het.

“Die ekonomiese landskap waarbinne Suid-Afrikaanse rugby bedryf word, het aansienlik verander sedert ons die museum in 2012 begin beplan het.

“Ons kon die uitgawe bybring, maar dit het nou ’n uitdaging vir ons geword. Om uitgawes te besnoei moes ons noodgedwonge die moeilike besluit neem.”

CAPE TOWN, SOUTH AFRICA - OCTOBER 31: South Africa
Jurie Roux, die uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Rugbyunie. Foto: Gallo Images

Roux sê hulle het lank met verskeie aandeelhouers gesels, maar hul het uiteindelik geen keuse gehad nie.

Hy het die skenkers – waaronder die kapteins van die Bokspanne wat die Wêreldbeker gewen het, Francois Pienaar en John Smit, bedank.

Pienaar en Smit het albei die truie wat hulle in 1995 en 2007 gedra het, aan die museum geleen.

Daar was ook talle ander entoesiaste en versamelaars wat waardevolle items aan die museum gebied het.

“Ek wil hulle almal bedank, van die liefhebbers tot die nuuskieriges van oor die wêreld wat die museum die afgelope vyf en ’n half jaar besoek het.

“Ek dink ons het baie mense verras en tevrede gelaat en dit het die storie van Suid-Afrikaanse rugby na buite uitgedra.

“Dit is ’n baie hartseer dag in Suid-Afrikaanse rugby.”

Saru het bekend gemaak dat toegang gratis is wees tot 31 Maart.

Die museum is weekliks (behalwe Maandae) oop van 09:00 tot 17:00.

Meer oor:  Francois Pienaar  |  Jurie Roux  |  V&A Waterfront  |  Geld  |  Springbokke  |  Waterfront  |  Museum  |  Saru  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.