Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Fisieke Georgië sal Chean-hulle toets

Die Suid-Afrikaanse o.19-rugbyspan se kort toer na Georgië sal die spelers en afrigters uit hul “gemaksone neem”, sê dié span se afrigter, Chean Roux.

Die room van die land se voorste o.19-spelers het Sondag in Stellenbosch aangekom en Maandag die eerste keer op die oefenveld gesweet.

Chean Roux, afrigter van die Junior Bokke, wat die Suid-Afrikaanse o.19-span na Georgië vergesel. Foto: Gallo Images

Suid-Afrika vertrek Woensdag na Georgië waar hy twee wedstryde teen sy eweknie van dié land sal speel.

Dit sal as voorbereiding dien vir die o.20-Wêreldtoernooi wat in 2020 in Italië beslis word. Die Junior Bokke kon daardie toernooi in 2012 laas wen, so daar sal druk op Roux, wat ook die Junior Bokke brei, wees om betyds homself van die beste spelers te vergewis.

“Dit (die toer) sal ons beslis uit ons gemaksones neem, nie net omdat dit in ’n ander land is nie, maar ook in koue toestande beslis sal word. So dit sal ’n goeie avontuur wees.

“Veral vir die afrigters sal dit die geleentheid gee om onsself van die spelers te vergewis – meer as wat ons tydens oefenkampe in byvoorbeeld Stellenbosch en Potchefstroom sou regkry,” sê Roux.

“Dit is goed om die spelers saam en op die oefenveld te kry. Sommige (spelers) het pas terugkeer van aftyd ná die seisoen, terwyl ander besig is met hul voorseisoene by hul unies – so hulle bevind hulle in verskillende fases van voorbereiding.

“Maar daar heers groot entoesiasme in die groep en dit is al wat ons voor kan vra,” sê Roux.

Georgië word nie juis as een van die brekers van wêreldrugby beskou nie, maar hy sal goeie voorbereiding vir die o.19’s wees.

Die Junior Bokke speel gereeld teen Georgië in die o.20-Wêreldtoernooi en het hom in Junie met 48-20 verslaan.

Die ringkoppe van Suid-Afrikaanse rugby en Georgië het die afgelope sowat vier jaar ’n goeie verstandhouding wat sulke toere ’n moontlikheid maak – iets wat in die toekoms meer gesien kan word.

En hoewel Georgië dalk tegnies effens tekort skiet, deins hy fisiek nie terug nie en sal aan veral die Suid-Afrikaners se voorspelers ’n meer as ordentlike uitdaging bied.

* Die eerste wedstryd word Maandag beslis.


Meer oor:  Chean Roux  |  Sa O.19-Rugbyspan  |  Junior Bokke  |  Georgië
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.