Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Flo bo Marco in Bok-oefengroep ingesluit
Francois LouwFoto: Getty Images

Die deurwinterde oopkantflank Francois Louw is deur die Springbok-afrigter, Rassie Erasmus, nader getrek vir die oefenkamp wat tans in Pretoria gehou word ter voorbereiding van vanjaar se Rugbykampioenskap.

Twaalf ander spelers – uit die Bulle en Haaie se geledere – gaan nou ook saamoefen nadat hulle ’n week se blaaskans ná hul Superrugby-kwarteindstryde gekry het.

Dié toevoegings sluit in die Bulle-stutte Lizo Gqoboka en Trevor Nyakane, wat goed vertoon het in die Superreeks. Nyakane, Thomas du Toit en Frans Malherbe het die wedloop om die plekke vir die vaskopstutte gewen, met Wilco Louw en Coenie Oosthuizen vir eers aan die buitewyke van die Bok-groep.

Daar is nie juis verrassings in die groep nie.

Marco van Staden

’n Speler wat hom dalk ongelukkig kan ag, is die Bulle-flank Marco van Staden. Dis welbekend dat hy hoog aangeslaan word deur Erasmus, maar Louw se ervaring was waarskynlik bepalend omdat dit ’n Wêreldbeker-jaar is.

Gqoboka, Rynhardt Elstadt (flank-slot) en Herschel Jantjies (skrumskakel) is die enigste spelers sonder toetservaring in die groep.

Erasmus het ook ’n verdere insig gebied in sy planne deur spelers te lys wat weens nie beserings oorweeg is nie. Hulle is Ruan Botha (slot, voetbesering), Dan du Preez (agtsteman, gekraakte ribbes), Warren Whiteley (agtsteman, knie-operasie), Damian Willemse (heelagter-losskakel, knie-operasie) en Jan Serfontein (enkeloperasie).

Met die jongste toevoegings is daar nou 39 spelers in die groep.

Erasmus sê in ’n nuusverklaring dat hy en sy afrigtingspan in hul noppies is met al die werk wat hulle reeds in Pretoria kon doen.

“Dit was ná ons beplanningskampe puik om die beskikbare groep spelers bymekaar te kan kry en met ons veldsessies te begin,” sê Erasmus.

Kwagga Smith het van sy dyspierbesering herstel en is medies geskik verklaar, wat beteken het dat ons 25 spelers beskikbaar gehad het vir ons daaglikse veldsessies.
Rassie Erasmus

“Kwagga Smith het van sy dyspierbesering herstel en is medies geskik verklaar, wat beteken het dat ons 25 spelers beskikbaar gehad het vir ons daaglikse veldsessies.

“Siya Kolisi, ons kaptein, is steeds aan’t herstel van sy besering en ons mik om hom beskikbaar te hê vir die begin van die Rugbykampioenskap.”

Die Bokke se verkorte veldtog, vanweë die feit dat dit ’n WB-jaar is – skop af op 20 Julie teen die Wallabies in Johannesburg. Suid-Afrika speel ’n week later teen die All Blacks in Wellington en dan op 10 Augustus teen Argentinië in Salta.

Die Bokke en Poemas speel dan ’n week later in ’n bykomende WB-slypwedstryd in Pretoria.

Bok-groep (toevoegings van Bulle en Haaie in vet gedruk):

Voorspelers: Schalk Brits (Bulle), Marcell Coetzee (Ulster, Ierland), Lood de Jager (Bulle), Thomas du Toit (Haaie), Pieter-Steph du Toit (Stormers), Rynhardt Elstadt (Toulouse, Frankryk), Eben Etzebeth (Stormers), Lizo Gqoboka (Bulle), Steven Kitshoff (Stormers), Vincent Koch (Saracens, Engeland), Siya Kolisi (Stormers), Francois Louw (Bath, Engeland), Frans Malherbe (Stormers), Malcolm Marx (Leeus), Bongi Mbonambi (Stormers), Tendai Mtawarira (Haaie), Franco Mostert (Gloucester, Engeland), Trevor Nyakane (Bulle), Marvin Orie (Leeus), Kwagga Smith (Leeus), RG Snyman (Bulle)Duane Vermeulen (Bulle).

Agterspelers: Lukhanyo Am (Haaie), Damian de Allende (Stormers), André Esterhuizen (Haaie), Faf de Klerk (Sale Sharks, Engeland), Aphiwe Dyantyi (Leeus), Warrick Gelant (Bulle), Elton Jantjies (Leeus), Herschel Jantjies (Stormers), Cheslin Kolbe (Toulouse, Frankryk), Jesse Kriel (Bulle), Dillyn Lleyds (Stormers), Makazole Mapimpi (Haaie)Sibusiso Nkosi (Haaie), Willie le Roux (Toyota Verblitz, Japan), Handré Pollard (Bulle), Cobus Reinach (Northampton Saints, Engeland), Frans Steyn (Montpellier, Frankryk).

 

Meer oor:  Francois Louw  |  Rassie Erasmus  |  Pretoria  |  Rugby  |  Haaie  |  Bulle  |  Wereldbeker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.