Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
FNB-stadion vandag ’n laboratorium

Superrugby 2020 se kleedrepetisie vandag in die FNB-stadion in Soweto kan beswaarlik as opwarmwedstryde beskryf word, want vir elkeen van die vier Suid-Afrikaanse Superspanne is daar veel meer as ’n losmaker op die spel.

Vat maar die Stormers. Die Kaapse span, met John Dobson in sy eerste seisoen as Super-breier van die span, sal wil sien dat sy voorseisoense voorbereiding wat hoofsaaklik gemik was om ’n samehorigheidsgevoel tussen sy Wêreldbeker-Bokke en sy “ander” spelers te vestig, suksesvol was. Ook sal Siya Kolisi wil toesien dat die Stormers “slimmer eerder as mooier” speel.

Dit is weer tyd vir Superheld-Sondag.

Dis die dinge waarop die Stormers in hul voorbereiding vir vanjaar se Superrrugby-seisoen groot klem gelê het. Dis die dinge wat moet werk en merkbaar teenwoordig in hul spel moet wees.

Dit sal Dobson ook sommer help om oor sy “groot skrik” te kom toe sy naasbestes eergisteraand teen die Kings met 3-13 gaan staan en verloor het.

Vandag pak die Stormers die Haaie. Nes die Kings ’n punt wou bewys, is die Haaie vandag teenstanders wat sal wil wys dat sy nuwe begin met ’n nuwe afrigterspan dié seisoen gaan werk.

Vir Dobson sal dit belangrik wees om te sien hoe Kolisi as agtsteman saam met ’n lostrio kombineer. Ook hoe Damian Willemse en Herschel Jantjies as ’n nuwe skakelpaar gaan kombineer.

Daar word verwag dat dié twee die Stormers se vuur in vanjaar se Superrugby-reeks op die aanval sal moet stook omdat hulle agter ’n gedugte pak speel.

Daarteenoor het die Durbanse span ’n agterlyn wat skrik vir niks en dit gaan die Stormers keer kos om spoedvrate soos Makazole Mapimpi en Sbu Nkosi te stuit. Sit vir Lukhanyo Am in die middelveld met André Esterhuizen en daar wag ’n reuse-taak op die Stormers-agterlyn.

Terwyl die Haaie-pak straks nie in ’n armdruk met die Stormers betrokke sal wil raak nie, veral met kombinasies wat nog uitgetoets word, sal hulle die bal agterlangs lug wil gee. Dit kan die Stormers se ongetoetste middelveld op die verdediging onder druk sit, wat vir Dobson waardevolle kykstof sal wees.

Vir die Bulle en Leeus wat in die tweede wedstryd van die dag speel, is dit ook 80 minute van laboratorium-rugby. Baie aspekte en kombinasies sal uitgetoets word en die resultate sal vir albei afrigters waardevol wees voor die reeks se aanvang.

Cornal Hendricks (Bulle) en Duncan Matthews (Leeus) is albei bekend as vleuels wat agterlyne gereeld hakskene wys. Die twee word egter versool in buitesenters en die eksperimente kan ’n lekker tweestryd afgee.

Natuurlik is daar ’n paar vrae rondom die keuse van die veteraan Morné Steyn bo die opwindende jongeling Manie Libbok op losskakel vir die Bulle.

Dan is daar natuurlik ook verskeie verloopte Bulle wat by die Leeus-trop aangesluit het én Leeus wat hulle nou in die Bul-kraal bevind. Dit op sy eie behoort ekstra opwinding aan die stryd te gee. Matthews, Jamba Ulengo, André Warner, Dan Kriel en Roelof Smit was almal nog baie onlangs by die Bulle.

In die Bul-kraal bevind die bebaarde Josh Strauss, ’n voormalige Leeus-kaptein, hom saam met die slot Andries Ferreira.

 

Só lyk die spanne

Stormers t. Haaie (13:00, SS 1)

 Stormers: Dillyn Leyds, Sergeal Petersen, Ruhan Nel, Rikus Pretorius, Edwill van der Merwe, Damian Willemse, Herschel Jantjies, Siya Kolisi (k), Ernst van Rhyn, Nama Xaba, David Meihuizen, Salmaan Moerat, Neethling Fouché, Scarra Ntubeni, Steven Kitshoff.PLAASVERVANGERS: Chad Solomon, Kwenzo Blose, Wilco Louw, Hilton Lobberts, Ben-Jason Dixon, Thys Kitshoff, Godlen Masimla, Jean-Luc du Plessis, Seabelo Senatla, Michal Haznar, David Kriel.

Haaie: Aphelele Fassi, Sbu Nkosi, Lukhanyo Am, André Esterhuizen, Makazole Mapimpi, Curwin Bosch, Louis Schreuder, Sikhumbuzo Notshe, Tyler Paul, Henco Venter, Hyron Andrews, Le Roux Roets, Thomas du Toit, Kerron van Vuuren, Ox Nche. PLAASVERVANGERS: Dylan Richardson, Mzamo Majola, John-Hubert Meyer, JJ van der Mescht, Ruben van Heerden, James Venter, Tera Mtembu, Sanele Nohamba, Boeta Chamberlain, Jeremy Ward, Marius Louw, Madosh Tambwe, Lwazi Mvovo.

Leeus t. Bulle (15:15, SS 1)



Leeus: Tiaan Swanepoel, Jamba Ulengo, Duncan Matthews, Dan Kriel, Courtnall Skosan, Elton Jantjies (k), André Warner, Len Massyn, Vincent Tshituka, Marnus Schoeman, Marvin Orie, Ruben Schoeman, Jannie du Plessis, Pieter Jansen, Dylan Smith. PLAASVERVANGERS: Jan-Henning Campher, Sti Sithole, Frans van Wyk, Roelof Smit, Cyle Brink, Morné van den Berg, Manuel Rass, Tyrone Green, Jo-Hanko de Villiers, Wilhelm van der Sluys, Jan-Louis la Grange, Wandisile Simelane.

Bulle: Warrick Gelant, Johnny Kotze, Cornal Hendricks, Burger Odendaal (k), Rosko Specman, Morné Steyn, Ivan van Zyl, Josh Strauss, Muller Uys, Wian Vosloo, Juandré Kruger, Andries Ferreira, Wiehahn Herbst, Jaco Visagie, Simphiwe Matanzima. PLAASVERVANGERS: Johan Grobbelaar, Gerhard Steenekamp, Mornay Smith, Ryno Pieterse, Ruan Nortjé/Jean Droste, Embrose Papier, Chris Smith, Divan Rossouw, Dylan Sage, Manie Libbok, Jeandré Rudolph, Abongile Nonkontwana, Tim Agaba.


Meer oor:  Soweto  |  Fnb-Stadion  |  Superrugby  |  Superheld-Sondag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.