Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Israel Folau dalk nog 3 j. by Waratahs

Israel Folau sal glo binnekort hom vir ’n verdere drie jaar tot die Waratahs en Australië verbind.

The Sydney Morning Herald berig dat ’n driejaarkontrak met die Waratahs die mees waarskynlike uitkoms is. ’n Amptelike ooreenkoms is egter nog nie bereik nie.

Israel Folau sal vir ’n verdere drie jaar vir die Wallabies beskikbaar wees. Foto: Getty Images

“Ek weet nie presies waar dit gaan klaarmaak nie, maar ek hoop dit kan hierdie week gefinaliseer word sodat hy so naby as moontlik vir so lank as moontlik kan bly,” het Michael Cheika, afrigter van die Wallabies, gesê.

“Ons het in hom belê en jy kan sy veelsydigheid in die spel sien waar hy in staat is om tussen posisies te beweeg.”

Die Waratahs is ook op die drumpel om hul Wallabies-losskakel, Bernard Foley, op ’n jaarkontrak te behou voordat hy ná die Wêreldbeker in 2019 oorsee sal gaan speel.

Die veteraan Adam Ashley-Cooper kan moontlik ook weer vir die Waratahs uitdraf nadat hy die afgelope drie jaar klubrugby in die buiteland gespeel het. Die 34-jarige veelsydige agterspeler speel tans vir die Kobelco Steelers in Japan.

“Adam Ashley-Cooper het belangstelling daarin getoon om terug te kom,” het Andrew Hore, die Waratahs se uitvoerende hoof, gesê.

“In ’n Wêreldbekerjaar is diepte belangrik, so ons kan meriete daarin sien om ’n speler soos Adam terug te bring. Almal is vol lof oor sy karakter, en leierskap is ’n waardevolle bate.

“Die gesprekke is lewendig, so ons sal sien waarheen dit gaan.”

Die Wallabies speel hul volgende wedstryd later vandeesmaand teen die All Blacks in die derde toets om die Bledisloebeker.

Die All Blacks het reeds vanjaar se reeks met 2-0 voor die laaste toets verower. – RugbyPass

Meer oor:  Israel Folau  |  Wallabies  |  Waratahs
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.