Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Folau gou terug op veld – vir Tonga

Die voormalige Wallaby-heelagter Israel Folau gaan sy terugkeer na die sportveld vir Tonga maak.

Die 30-jarige Folau het Maandag aangekondig hy gaan ’n terugkeer maak tot rugbyliga.

Folau se kontrak van vier jaar met Rugby Australië (RA) en Nieu-Suid-Wallis se Waratahs is in Mei vanjaar opgeskeur nadat hy skuldig bevind is aan ’n “hoëvlak-oortreding” van RA se gedragskode. Hy het op sosiale media uitgevaar teen “dronkaards, homoseksuele, egbrekers en ander groepe”.

Folau het voorheen beroeps-rugbyliga en Aussie Rules-voetbal gespeel.

Hy het in 73 toetse vir die Wallabies opgedraf en vroeër vanjaar die voorste driedrukker in Superrugby se geskiedenis geword.

Folau is in Nieu-Suid-Wallis gebore, maar sy ouers is van Tongaanse afkoms.

Hy sal nie volgende maand vir Tonga in die World Nines in Sydney kan speel nie, omdat dit plaasvind onder die vaandel van die Nasionale Rugbyliga, wat gesê het hy mag nie na die sportkode terugkeer nie.

As hy gekies word, sal hy wel toetse in Oktober teen Brittanje en November teen Australië kan speel. Dít word gereël deur rugbyliga se Internasionale Federasie (RLIF).

Folau sê in ’n verklaring dat hy nie sy persoonlike sake na die veld wil bring nie.

“Ek is bly dat die RLIF my ’n kans gee. Ek wil nou daarop fokus om puik rugbyliga te speel en my praatwerk op die veld te doen.”

Folau het verlede maand ’n regsgeding teen die RA en die Waratahs begin weens wat hy beskou as onregmatige afdanking. Die bemiddelingsproses is tot Desember uitgestel.

As daar nie ’n ooreenkoms bereik word nie, gaan Folau hom tot die Australiese federale hof wend en aanvoer hy is onregmatig afgedank weens sy geloofsoortuigings. – Reuters

Meer oor:  Tonga  |  Israel Folau  |  Australië  |  Wêreldbekerrugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.