Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Folau miljoene kwyt as Rugby Australië vou
Israel Folau speel vir die Catalans Dragons in die Superliga. Foto: Getty Images

Die afgedankte Wallaby Israel Folau word deur nog ’n dilemma in die gesig gestaar indien Rugby Australië (RA) weens die impak van die Covid-19-pandemie insolvent verklaar word.

Folau (30) en die beheerliggaam het in Desember ’n skikkingsooreenkoms bereik nadat hy die trekpas gekry het weens sy uitlatings in sosiale media dat “dronklappe, homoseksuele mense, egbrekers, leuenaars, hoereerders, diewe, ateïste en afgodsdienaars” vir die hel bestem is.

Die voormalige ster-heelagter het RA gedagvaar vir diskriminasie teen sy geloof. Hoewel die detail van die skikking nie bekend gemaak is nie, is dit glo die res van sy A$4 miljoen-kontrak, wat ongeveer A$3 miljoen beloop.

Volgens The Australian word die ooreenkoms in paaiemente afbetaal en daardie betalings is in die gedrang indien RA vou.

Folau sou tel as ’n konkurrente skuldeiser as RA genoop word om homself bankrot te verklaar en, afhangend van die beheerliggaam se bates, sal die speler waarskynlik slegs ’n paar sent op die dollar ontvang.

Hy het ’n kontrak van ’n jaar met die Franse Catalans Dragons gesluit om in die Superliga te speel, maar daardie reeks is ook weens die koronavirus opgeskort.

Folau en sy voormalige netbalstervrou, Maria, verwag die geboorte van hul eerste kind later vanjaar.

Israel Folau en sy vrou, Maria. Foto: Getty Images

– Sportredaksie

Meer oor:  Koronavirus  |  Catalans Dragons  |  Israel Folau  |  Superliga  |  Superrugby  |  Raelene Castle  |  Covid-19  |  Ra
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.