Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Israel Folau sê nee vir Montpellier
Israel Folau het ’n aanbod om vyftienmanrugby te speel van die hand gewys. Foto: Getty Images

Die omstrede Australiese sportster Israel Folau het ’n terugkeer na vyftienmanrugby saam met die Franse klub Montpellier van die hand gewys om by die rugbyligaspan Catalans Dragons aan te bly.

Die Dragons het die afgedankte Wallaby se loopbaan gered nadat sy toekoms verlede jaar in onsekerheid gedompel is.

Folau en Rugby Australië het in Desember ’n skikkingsooreenkoms bereik nadat hy die trekpas gekry het weens sy uitlatings in sosiale media dat “dronklappe,

homoseksuele mense, egbrekers, leuenaars, hoereerders, diewe, ateïste en afgodsdienaars” vir die hel bestem is.

Stuff berig die 31-jarige Folau, wat 73 toetse vir Australië gespeel het, was volgens Midi Olympique in die Top 14-klub Montpellier se visier.

Hy het die aanbod egter van die hand gewys en daar is selfs sprake dat hy sy kontrak met die Dragons met ’n seisoen kan verleng.

Folau het in sy eerste Superliga-wedstryd vir die Dragons in Februarie uitgeblink en ’n drie ná slegs vyf minute aangeteken. Hy is kol-kol uitgejou, maar het ’n groot rol gespeel in die aanloop tot sy nuwe span se wendrie in die kragmeting teen Castleford wat die Dragons met 36-18 beklink het.

Dit was sy eerste proesel rugbyliga in tien jaar nadat hy voorheen vir die Brisbane Broncos in die Australiese NRL uitgedraf het.

– Sportredaksie

Meer oor:  Catalans Dragons  |  Montpellier  |  Top 14  |  Israel Folau  |  Wallabies  |  Rugbyliga
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.