Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Folau verbeur sy kans om te appelleer

Die Wallaby-ster Israel Folau het versuim om binne die spertyd van 72 uur teen sy afdanking te appelleer.

Rugby365 berig Rugby Australië (RA) het Maandag bevestig die speler se kontrak, wat bykans R40 miljoen werd is, is daarom amptelik tot niet.

Israel Folau het die geveg verloor, maar dit wil voorkom of hy nog met die oorlog wil voortgaan. Foto: Getty Images

Folau, ’n fundamentalistiese Christen wat al 73 toetse vir Australië gespeel het, is skuldig bevind aan ’n ernstige oortreding van RA se gedragskode ná ’n inskrywing op sosiale media dat die “hel op dronkaards, homoseksuele, egbrekers en ander wag”.

’n Tugkomitee van drie regsgeleerdes het Vrydag bevind sy omstrede uitlatings op sosiale media regverdig sy ontslag.

Hy het 72 uur gekry om teen die bevinding te appelleer, wat nog ’n verhoor voor ’n nuwe komitee sou beteken. Hy mag nou sy saak regstreeks hof toe vat.

“Ek het die afgelope klompie weke en, veral die laaste 72 uur, baie kans gekry om my toekoms te besin,” sê Folau.

“Ek sal nie appelleer teen RA se besluit om my kontrak te beëindig nie.

“My besluit beteken egter glad nie ek aanvaar die tugkomitee se bevindings nie. Ek het eenvoudig net nie vertroue in RA se vermoë om my regverdig deur hierdie proses te behandel nie.”

Folau erken hy oorweeg sy opsies in die lig van groeiende ontevredenheid oor die wyse waarop RA sy gedragsoortredingverhoor behartig het.

“Die boodskappe van ondersteuning van aanhangers, spelers, voormalige rugby-amptenare en die algemene publiek laat my nederig voel,” sê hy.

“Ek glo ek het nog baie rugby in my en die moontlike impak van RA se besluit op my reputasie en my loopbaan is aansienlik.

“Ek moet uiteindelik doen wat die beste vir my gesin, my spanmaats en die aanhangers is, so ek oorweeg alle opsies.”

Steve Hansen, afrigter van die All Blacks, sê die Folau-sage wys hoe belangrik dit is vir sportlui om oordeelkundig te wees wanneer dit by sosiale media kom.

“Jy moet bewus wees wat jy op sosiale media doen want dit is ’n groot platform en jy moet verstandig wees,” sê hy.

“Mense kan glo wat hulle wil, daar is niks fout daarmee nie, solank dit net nie die span of hul organisasie skade berokken nie.”

– Sportredaksie

Meer oor:  Toetsrugby  |  Israel Folau  |  Wallabies  |  Superrugby  |  Waratahs
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.