Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Folau vergroot eis, sê hy kon Wallabies lei

Die afgedankte Wallaby-ster Israel Folau het sy eis om skadevergoeding teen Rugby Australië (RA) en die Waratahs tot A$14 miljoen (R140,6 miljoen) vergroot.

BLOEMFONTEIN, SOUTH AFRICA - SEPTEMBER 30: Israel
Israel Folau / Foto: Getty Images

Folau (30) het voorheen skadevergoeding van A$10 miljoen by sy voormalige werkgewers geëis. RA en die Waratahs het in Mei sy lonende kontrak van vier jaar beëindig nadat hy op sosiale media gesê het die hel wag op gays en ander groepe.

Folau sê in nuwe hofstukke wat Woensdag ingehandig is dat sy afdanking hom die geleentheid gekos het om die Wallabies in die toekoms aan te voer.

Die verklaring sê Folau se skade en verliese sluit in “addisionele inkomste ná afloop van sy loopbaan” deur in twee bykomende Wêreldbekertoernooie te speel en “die moontlike kapteinskap van ’n kampioen Wallaby-span”.

Folau, wat sy regsgeding as ’n stryd vir vryheid van geloof beskryf, eis ’n verskoning van RA en die reg om sy internasionale loopbaan voort te sit.

Die verhoor begin in Februarie indien die laaste poging om mediasie tussen die partye volgende maand onsuksesvol is.

Folau is verlede week veroordeel vir sy uitlatings dat Australië se krisis met veldbrande verband hou met die land se wetgewing oor aborsie en selfdegeslaghuwelike.

Hy het in ’n preek by sy pa, Eni, se Truth of Jesus Christ Church in Sydney gesê die land se besluit oor die wettiging van aborsie en selfdegeslaghuwelike gaan teen “God se woord” en dat die nasie hom moet “bekeer”.

Folau het 62 toetse vir die Wallabies gespeel en Australië ook op internasionale vlak in rugbyliga verteenwoordig.

– Reuters, Sportredaksie

Meer oor:  Toetsrugby  |  Israel Folau  |  Wallabies  |  Superrugby  |  Ra
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.