Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Force kry ruim skenking van mynmagnaat
Die oud-Wallaby David Pocock is die ambassadeur van Rugby WA se grondvlak-inisiatief. Foto: Getty Images

Die mynmagnaat Andrew (Twiggy) Forrest en sy vrou, Nicola, het ’n bykomende A$5 miljoen (sowat R59,3 miljoen) bewillig om rugby in Wes-Australië ’n hupstoot te gee oor die volgende vyf jaar, het Rugby WA Dinsdag in ’n verklaring gesê.

Dié skenking volg op ’n aanvanklike bedrag van A$2 miljoen (R23,7 miljoen) wat Forrest vir gemeenskapsrugby in die Western Force-streek gegee het.

Daarmee word onder meer beoog om laerskoolkinders aan die spel bloot te stel.

“Ons wil rugby ’n prioriteit maak, die sport versterk,” het Forrest in ’n verklaring gesê.

“Dit gaan daaroor om ons geesdriftige rugbygemeenskap te ondersteun en Wes-Australië ’n ware hartland van die spel te maak.

“Ons streef daarna om jong talent te ondersteun, met vaardighede toe te rus en ’n duidelike pad na die hoogste vlak te skep.”

Die mynmagnaat Andrew Forrest hou sy beursie wyd oop vir rugby in Wes-Australië. Foto: Getty Images

Forrest se finansiële steun het die span van Perth gehelp om kop bo water te hou nadat die Force in 2017 sy Superrugby-status verloor het.

Die Force sal volgende week sy terugkeer in Australië se plaaslike Superreeks (Superrugby AU) maak nadat die oorspronklike kompetisie in Maart weens die Covid-19-pandemie tot stilstand gebring is.

Die voormalige Wallaby-flank David Pocock, wat onlangs sy stewels weggepak het, is die ambassadeur vir Rugby WA se grondvlak-inisiatief.

Pocock het as ’n tiener sy Superrugby-buiging vir die Force gemaak.

“Ek is opgewonde om terug te ploeg in die gemeenskap waar alles vir my begin het en te kan sien hoe die volgende generasie op die voorgrond tree en die spel geniet.”

Die nuus van dié stewige meevaller kom op dieselfde dag as wat die Nieu-Suid-Wallis Rugbyunie aangekondig het hy gaan 27% van sy personeel moet aflê as gevolg van die invloed wat Covid-19 op sy geldsake het. – Reuters

Meer oor:  Western Force  |  Superrugby  |  Andrew Forrest
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.