Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Western Force werf 2 ervare Poemas
Die skrumskakel Tomas Cubelli het 75 toetse vir die Poemas op sy kerfstok. Foto: Getty Images

Die Australiese rugbyspan die Western Force het met sy aggressiewe buiteseisoense werwingsproses volhard deur die dienste van die Argentyne toetsspelers Tomas Cubelli en Julian Montoya te bekom.

Die Force, wat in Perth gesetel is, het aangekondig dat dié duo van die Poemas ná die Rugbykampioenskapsreeks by hulle sal aansluit.

Die skrumskakel Cubelli, wat 75 toetse vir die Poemas gespeel het, het twee seisoene lank vir die Brumbies Superrugby gespeel voordat hy in 2018 weer terug is na Argentinië om vir die Jaguares Superrugby te speel.

Julian Montoya Foto: Getty Images

Die haker Montoya het 59 keer vir die Poemas gespeel en was ook lid van die Jaguares se span. Die Jaguares se Superstatus hang egter in die weegskaal, met die Argentynse Rugbyraad (UAR) wat aan sy spelers gesê het om elders nuwe kontrakte te soek.

“Om twee spelers met internasionale ervaring by te kry, is ’n voordeel,” sê die Force se afrigter, Tim Sampson.

“Ons sal hulle dophou in vanjaar se Rugbykampioenskapsreeks.”

Die Force het onlangs ook aangekondig dat hulle ’n veteraan-heelagter van Ierland, Rob Kearney, bekom het vir aanstaande seisoen.

Die Force is by Australië se plaaslike Superrugby AU-reeks gevoeg nadat die Covid-19-pandemie die Superreeks in Maart tot ’n einde laat kom het.

Daar is steeds onsekerheid oor die toekoms van Superrugby, met Nieu-Seeland en Australië wat aanstaande jaar moontlik weer in hul eie plaaslike reekse sal speel.

Daar is steeds onsekerheid oor die toekoms van Superrugby, met Nieu-Seeland en Australië wat aanstaande jaar moontlik weer in hul eie plaaslike reekse sal speel.

Die Poemas is veronderstel om hul laaste wedstryd in die Rugbykampioenskap op 12 Desember teen die Springbokke te speel. – Reuters

Meer oor:  Australie  |  Western Force  |  Skrumskakel  |  Poemas  |  Superrugby  |  Haker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.