Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Foster maak jag op Scarlets se Mooar
Die All Blacks wil graag die Scarlets se Brad Mooar as hulpafrigter aanstel. Foto: Getty Images

Die Walliese Pro14-rugbyspan Scarlets het die naweek in ’n verklaring gesê die Nieu-Seelandse Rugbyunie (NZR) het sy hoofafrigter, Brad Mooar, genader in ’n poging om sy dienste te bekom.

Dis ’n skuif wat Scarlets-ondersteuners sal bekommer. Die Pro14-spanbestuur het erken dat die gesprekke tussen sy breier en die NZR in ’n “vroeë stadium” is.

Die All Blacks se nuwe breier, Ian Foster, is glo gretig om Mooar, ’n gebore Kiwi, aan boord te bring.

TOKYO, JAPAN - OCTOBER 27: Assistant coach Ian Fos
Die nuwe All Black-hoofafrigter, Ian Foster.

“Ons is ingelig dat die nuwe All Black-afrigter, Ian Foster, Brad Mooar genader het om hom aan die einde van die 2019-’20-seisoen by sy afrigtingspan aan te sluit.

“Gesprekke tussen Scarlets en die NZR is nog in ’n vroeë stadium. Ons fokus sal intussen op die Europese Uitdaagbekerreeks bly,” het die Scarlets-bestuur in ’n verklaring gesê.

Mooar het groot sukses behaal sedert hy by Scarlets as hoofafrigter oorgeneem het. Hy was voorheen by die Superrugby-kampioen, die Canterbury Crusaders, betrokke.

Hy het as speler deur die Canterbury-ouderdomsgroepe gevorder en uiteindelik die streek as losskakel op B-vlak verteenwoordig.

Hy het van 1997 tot 1999 vir Mid-Canterbury uitgedraf, waarna hy oorsee gaan speel het. Met sy terugkeer na Christchurch, het hy as afrigter begin werk.

Sy eerste breierspos was by die Christchurch Colts en daarna van 2007 tot 2011 by die klub se premierspan. In 2011 het hy die hulpafrigter van die Colts geword.

Mooar het in 2012 na Suid-Afrika verhuis om die OP Kings af te rig voordat hy as hulpbreier van die provinsie se Pro14-span, die Southern Kings, aangestel is.

Mooar het in 2012 na Suid-Afrika verhuis om die OP Kings af te rig voordat hy as hulpbreier van die provinsie se Pro14-span, die Southern Kings, aangestel is.

Hy is hierna terug na Nieu-Seeland, waar hy as hoofafrigter en direkteur van rugby vir Southland gewerk het.

Moaar is ’n gekwalifiseerde prokureur en is in 1997 as advokaat tot die balie van die Nieu-Seelandse hooggeregshof toegelaat. – rugbypass.com; Sportredaksie

Meer oor:  Ian Foster  |  Wallis  |  Nieu-Seeland  |  Afrigter  |  Pro14  |  All Blacks  |  Rugby  |  Scarlets
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.